Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
2139…In die nag as jy wakker word

2139…In die nag as jy wakker word

June 17, 2009

En die ou sondes kom staan in n ry dan kan jy nie wegkruip die waaroms,die hoekoms die assebliefs,is weer terug soos van ouds natgesweet wakker geskrik dit is een uur dit was maar net die eerste skof gewees! Liked it? Share it please …

2145…Ek hou van jou nuwe seksie foto

2145…Ek hou van jou nuwe seksie foto

June 17, 2009

maar jou oë bly sag jou anderkant jou vroukant jou vrouhart moes jy ook wys al weet ek dit al lankal Liked it? Share it please …

2141…Huisies vierkantig

2141…Huisies vierkantig

June 17, 2009

almal in ‘n ry uitgesit bord, mes en vurk die deur word oopgemaak vol van die verwagting soos ‘n kleuter by die skoolbasaar soos ‘n lotto speler met ‘n rytjie nommers my hart se kode moet jy breek Liked it? Share it please …

2142…Skewe gedigte

2142…Skewe gedigte

June 17, 2009

ek staan by die graf van my mislukkings so misvorm, so lelik was ek hartseer was ek kwaad was ek vol verwyt het my pen gegly of was ek net dronk van teleurstelling omdat almal nie mooi gemaak is nie gelukkig kan ek hulle begrawe Liked it? Share it please …

2143…Suig sucker suig

2143…Suig sucker suig

June 17, 2009

Ek wou roomys gaan eet het saam met felicity to drop sy my nou suig ek suckers saam met sannie Liked it? Share it please …

2140…Ons lek mekaar se wonde

2140…Ons lek mekaar se wonde

June 16, 2009

Soos twee baster brakke ons is ewe alleen ewe verwerp ewe gebyt ons sit daar ewe lelik ewe honger maar mooi vir mekaar Liked it? Share it please …

2136…Vandag het ek die son sien opkom

2136…Vandag het ek die son sien opkom

June 16, 2009

Jy is weer alleen dit is nou die derde keer ek wag al jare aan die buitekring jou snik het my geroep ek het jou vasgehou todat die oggendson die glinster teruggebring het Liked it? Share it please …

2135…Eva is bang om adam kaal te sien

2135…Eva is bang om adam kaal te sien

June 16, 2009

Die dag van die groot sonde het sy vir die eerste keer n slang gesien die sondeslang het haar verlei sy het n doodse vrees opgedoen sy maak nou klere ! Adam lyk tog te deftig in sy Oky-Doky swart pak Liked it? Share it please …

2137…Warm asem

2137…Warm asem

June 16, 2009

In die koue van die winternag reis jou warm lagasem die koue nag in n warm spoor van liefde wat ek sal volg al my dae Liked it? Share it please …

2134…Gedigte vlug

2134…Gedigte vlug

June 16, 2009

My pen gryp my verbeeldingsvlugte en gly koorsagtig oor die papier voor die ink droog is ontsnap n paar soos rysmiere wat voordie rëen vlerke sprei om op ander lande vrugbaar te teel in my agterplaas is daar duisende naamlose grafstene van misgebore digkinders ek ween Liked it? Share it please …

2128…Leë lewe

2128…Leë lewe

June 15, 2009

Jy was in die leegte van die lewe toe ek jou gevind het jou arms styf gevou om jou borste ek het jou toegevou in my naamkombers jou naam was my liefling toe fluister jy asseblief hou my vas vir altyd Liked it? Share it please …

2133…Jy is n gekompliseerde vrou

2133…Jy is n gekompliseerde vrou

June 15, 2009

Ek het alles geprobeer om jou te probeer verstaan om jou my te probeer verstaan ek het hulp gesoek by Pharos Tesourus The Oxford Wikipedia By Kurt Cobain Bill Clinton Steve Jagermeister sjinees en frans het ook nie gehelp nie nou is dit te laat jou vriendin het my vingertaal geleer Liked it? Share it …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte