Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
2132…Droom…Droom

2132…Droom…Droom

June 15, 2009

Ek het gedroom van jou jy het gedroom van my ons drome het drome gebly dit is lekker om te droom Liked it? Share it please …

2131…Ons moet stop wat ons begin het

2131…Ons moet stop wat ons begin het

June 15, 2009

Dit is nie reg dat ons twee mense seermaak ons gaan ook seerkry dan is daar vier seer ons moet stop Liked it? Share it please …

2130…Ek pak jou in

2130…Ek pak jou in

June 15, 2009

elke oggend in my blinkswart tas dat jy aan my sy kan bly dat jy my kan hoor in die kantoor sodat jy kan keer dat ek nie verveer ek pak jou in my blinkswart tas Liked it? Share it please …

2129…Ek gaan nie meer liefhê nie

2129…Ek gaan nie meer liefhê nie

June 15, 2009

ek draai my rug op die wereld van liefde die wêreld van seer ek bou n skans ek omring my met verskonings ek loop die ander pad die eenspoor pad die alleen pad die nie seerkry pad as jou motor nie gebreek het nie dan was ek nie nou op die sonskyn pad saam met …

2125…Dagdrome

2125…Dagdrome

June 15, 2009

Eindelose paaie kronkel die vertes in bane strek tot teen die hemel diep klowe gevul met goud verwagtinge van hoop meng met die blommegeur ons hoop die donker wyk vir die lig maar die dag bly net so donker soos die nag Liked it? Share it please …

2127…Haar traangolwe

2127…Haar traangolwe

June 15, 2009

val hulle te pletter op die skurwe rotse die wind vleg haar hare in ‘n duisend toutjies die huilwind gooi die sand teen haar kaal bene vas sy klop aan die deur sy het teruggekom soos elke vorige keer Liked it? Share it please …

2126…Ek is nie wie ek dig nie

2126…Ek is nie wie ek dig nie

June 15, 2009

ek dig nie wie ek is nie ek tel net los letters wat tussen die herfsblare lê Liked it? Share it please …

2124…Die laaste galgtou

2124…Die laaste galgtou

June 14, 2009

Met afgemete treë stap hy die geel ligte blink op sy kaalgeskeerde kop die bewaarders staar hom aan die arrogansie nog steeds daar sweetdruppels rol van sy voorkop af en val op sy pasgestrykte hemp hy staan voor die doodskamer en sluit sy oë my God U het gesê al staan ek in die dal …

2122…Kyk in die spieël

2122…Kyk in die spieël

June 14, 2009

die mooi figuur die ferm borste die slanke lyf was jou trots jy gebruik dit om mans om jou pinkie te draai die tyd is genadeloos jou figuur gaan verweer jou lyf gaan dril jou borste gaan hang soos die trots van n ou man die lewe is genadeloos Liked it? Share it please …

2123…Puzzle pas

2123…Puzzle pas

June 14, 2009

Die puzzle is uitgepak een gaatjie oop n stukkie lê eenkant n stukkie wat nie pas nie dit is ek wat nerens inpas ek was toe nooit in die prentjie nie Liked it? Share it please …

2121…Ek het vandag gesien

2121…Ek het vandag gesien

June 13, 2009

Die ou man wat bedel n kind wat kos soek in die asblik n motor wat in n ongeluk was die mense uitgeslinger leweloos n huis wat brand n verliefde paartje n vrou beroof n meisie verkrag dit moes ek vandag alles aanskou maar ek kon niks doen ek is maar net n robot ek …

2120…Die rooi pantie

2120…Die rooi pantie

June 13, 2009

Sy was beserk toe sy die pakkie in sy kas kry nadat sy sy klerekas versnipper het sit sy bitterlik en huil sy sit en wag met die pistool op haar skoot haar vinger krul om die sneller toe hy die deur oopmaak die rooi pantie sê sy sy oë rek jy verjaar mos more …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte