Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
2069…Die sirkel van liefde

2069…Die sirkel van liefde

May 29, 2009

n snaakse manier om jou vrese jou pyne jou verwagtings jou mislukkings jou frustrasie uiteen te sit hoe gaan jy dit uiteen sit in n sirkel van segmente wat gaan jy by sit wat gaan jy uitlos Liked it? Share it please …

2062…Die maan lê op haar rug

2062…Die maan lê op haar rug

May 28, 2009

En word verkrag deur die wilde komete wat van ster tot ster vuurpyl Liked it? Share it please …

2060…Die lig in my lewe

2060…Die lig in my lewe

May 27, 2009

Ek is ‘n vallende ster dit was ‘n moerse slag sy het my gelos vir ‘n rising star min weet sy wat opgaan moet afkom Liked it? Share it please …

2059…Brandewyn

2059…Brandewyn

May 27, 2009

die ys klingel in die glas ses blokkies op ‘n slag die dubbel brandewyn versuip die blokkies na die agste dop sien hy sy gesig in die boom van die glas hy herken homself nie en nooi die ou toe vir ‘n negende dop Liked it? Share it please …

2058…Hond se gedagte

2058…Hond se gedagte

May 27, 2009

‘n hond argumenteer nie met jou ‘n hond lag nie vir jou huil ook nie as hy kwaai is grom hy en wys sy tanne vir ander hy waai sy stert en praat sagtjank met jou ek wens ‘n teef was my maat Liked it? Share it please …

2057…Ek het goed gedoen

2057…Ek het goed gedoen

May 27, 2009

die einde van die pad is naby die slaggate van die lewe het ek oorleef en liefdestrane gestort sê die ou haan terwyl hy die pitte oppik die henne luister graag na die stories van sy jong dae hulle raak opgewonde en staan dan nader aan die jong hane die ou haan sug en sê …

2056…My skaduwee terg my

2056…My skaduwee terg my

May 27, 2009

is net soos die liefde dit is daar maar nie hier nie dit wink vir my maar ontwyk my greep in die dag bly dit so donker soos die nag gesigloos word ek agtervolg as my skaduwee verdwyn is dit nag Liked it? Share it please …

2055…Ek was n koning

2055…Ek was n koning

May 27, 2009

koning dawid onthou jy nog toe jy die reus verslaan het toe word jy ‘n reus van ‘n koning jou kop het te groot word daarom het die filistyn se swaard jou kop oopgekloof Liked it? Share it please …

2054…Masker man

2054…Masker man

May 26, 2009

Die man met die skitter lag en die helder blou oë sê, hy sal my hemel toe vat hy lag en vat ek geniet dit nou ek het nie geweet sy blou oë het die duiwel vir hom gegee hy laat agter ‘n wrak wat leegoog deur die strate strompel Liked it? Share it please …

2053…’Catch a falling star

2053…’Catch a falling star

May 26, 2009

and hold it in your pocket’ koester haar teen jou hart gee haar warmte en liefde sodat die koue ruimte vries haar kan verlaat haar sonskyn glimlag sal jou warm manhart onreelmatig laat klop Liked it? Share it please …

2052…Die lig van my lewe

2052…Die lig van my lewe

May 26, 2009

het my verwerp sy het ‘n ander gevind my lewe ‘n uitgebrande meteoriet ‘n beter een het sy gevind ek sit en tjank op die sypaadjie van die lewe Liked it? Share it please …

2051…Rooi oog

2051…Rooi oog

May 26, 2009

kom hy by die werk hy het laat gekuier die twee availables het baie gekos maar het lekker gevry Piet, sy pel is ook in die moeilikheid sy vrou het die kondoom omhulsel in sy sak gekry die parfuum walms het sy vrou geruk Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte