Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
2031…Die vuur in jou oog

2031…Die vuur in jou oog

May 21, 2009

jy kan nie help jy lewe jy kan nie help jy is cool jy kan nie help jy het sonskyn glimlag jy kan nie help jou borste heuwel nie jy kan nie help nie jy is vuurvrou Liked it? Share it please …

2027…Nou huil sy

2027…Nou huil sy

May 21, 2009

Die party was ‘n jol lighoofdig leun sy teen hom aan haar date vergete hy is die haan hierdie aand sy sagpraat sy lyfskuur het haar week gelaat hier gly sy hand so lekker sy glymond sy glyhand maak haar val net effens voel sy die druk en skuur sy is weerloos voel die pyn …

2028…Ek het uitgevind

2028…Ek het uitgevind

May 21, 2009

jou hart is nie van klip nie toe jy water toe jy brood gegee het vir die een wat honger was het jy jou brood gedeel Liked it? Share it please …

2025…sluk….Sluk…SLuk..SLUK

2025…sluk….Sluk…SLuk..SLUK

May 21, 2009

die aand begin….sluk die aand vorder…Sluk die aand dubbel..SLuk die aand trippel. SLUk die oggend………SLUK die nag in dofoog staar Liked it? Share it please …

2023…Die gretige palms van die gulsige

2023…Die gretige palms van die gulsige

May 20, 2009

Word bakgehou om baie te skep die armes se hande word uitgestrek na Jesus om sy kleed van genade aan te raak genade gly vanaf die uitgestrekte hande om in hulle skoot te val Liked it? Share it please …

2024…Jaloers is die waters

2024…Jaloers is die waters

May 20, 2009

Van die donker put sy jaloerse oog ver onder en roep jou dors jy plons die swart water wereld die rimpel water rus die swartoog staar na die bek Liked it? Share it please …

2022…Nagskof van nat

2022…Nagskof van nat

May 20, 2009

roekelose drogbeelde flits verby spoke van ouds werk vannag angsweet stroom my kussing nat ek lê vasgevang roerloos die satans sekel hang in die lug die satan lag dit is oestyd sê hy die nag vou homself om my Liked it? Share it please …

2021…Skitter skitter

2021…Skitter skitter

May 20, 2009

Styg die sterre en brand elkeen n gaatjie in die hemelruim om vir die dag anderkant te loer Liked it? Share it please …

2019…Weer

2019…Weer

May 19, 2009

Ek het jou lippe geken ek het jou hande geken jou lag ervaar jou lyf beleef al hierdie soet herinnerings bly by my ons sal weer ontmoet my begeertes en ek verlang na nog een oulaas Liked it? Share it please …

2018…Net effens gebruik

2018…Net effens gebruik

May 19, 2009

Tien jaar getroud ek is net effens gebruik kan jou nog baie liefde gee Liked it? Share it please …

2017…Die nag was lank

2017…Die nag was lank

May 18, 2009

die wonde diep die put so donker die wande steil die dag het gebreek die wonde genees die put nie so diep ons sien mekaar die donker nag gewyk ons liefde het ‘n kans Liked it? Share it please …

2016…Eier

2016…Eier

May 18, 2009

Die jong eiers blink vars die eerste dag in die lig wat gaan gebeur gaan sy ‘n sunny side up wees nee beslis nie sy is te jonk gaan sy ‘n well done wees nee bliksem nee sy is nog nie reg nie gaan sy ‘n roereier wees nee beslis nie sy gaan nie verlief …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte