Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1895) I crash … I burn

1895) I crash … I burn

April 29, 2009

I will not crack ek staan op en kruppel vandag my geloof my kierie more is ’n nuwe dag versigtig sal ek loop ek weet ek kan nie vlieg nie my hart brand om by jou te wees maar ek kan nie vlieg nie ek sal nie crack nie Liked it? Share it please …

1896) Ons PLAVEI die PAD vorentoe

1896) Ons PLAVEI die PAD vorentoe

April 29, 2009

steen vir steen plavei ons die pad vorentoe onthou jy moet daardie pad loop jy kan nie agteruit plavei nie Liked it? Share it please …

1897) Die paadjie groei toe

1897) Die paadjie groei toe

April 29, 2009

die paadjie van aandag die paadjie van bedagsaam die paadjie van omgee die paadjie na my hart het toegegroei omdat jy nie jou lem van liefde gebruik het nie Liked it? Share it please …

1898) Skuil

1898) Skuil

April 29, 2009

sy skuil agter haar masker en huil haar gesig strak net die skouers wat ruk ruk vertel die trane wat vrylik vloei wys sy wil nie wys nie hoe kan ‘n mens se gister lagwêreld so gou ineen stort die aardbewing was 9.1 op die richterskaal Liked it? Share it please …

1899) Jou uitroep na God

1899) Jou uitroep na God

April 29, 2009

het ek gelees toe jy moedeloos was jy het ‘n brief aan God geskryf jy het gevra waar hoort jy jou vroukant was stukkend toe lees ek die brief nou weet jy jy hoort by my jy het nie geweet dat God die brief sonder adres sou kry nie Liked it? Share it please …

1900) Weeskind

1900) Weeskind

April 29, 2009

toe ek jou gesien het het jy bewend in die ry gestaan jou dun beentjies het geruk jou oë was verskrik jou pappa was nie daar nie net die kwaai tannie jy moes gou leer oorleef in die storms van die lewe jare later het jy my skulpie op die strand uitgespoel ek het jou …

1892) Die arme miere

1892) Die arme miere

April 28, 2009

kry nie rus nie hulle trek gedurig so lyk dit vir my agter ‘n stuk vleis aan agter ‘n ryskorrel aan agter ‘n dooie vlieg aan die arme miere kry nie rus nie ek is ook gatvol getrek Liked it? Share it please …

1893) Oortollig

1893) Oortollig

April 28, 2009

Daar is baie oortollige goed in my motorhuis ek moes toe ontslae raak van die oortolliges maar toe daar oortolliges was by die werk het dit my hart gebreek Liked it? Share it please …

1894) Jy is cool

1894) Jy is cool

April 28, 2009

Dra jy guess jeans dra jy ’n playbra het jy lang wimpers wat kan flikker trek jou eyeshadow aandag ruk jy jou bloes se laaste 4 knope af en knoop dit jou hare rasta jy jou bleek blou oë kyk deur my jy smelt nie in my hitte nie Liked it? Share it please …

1887) Die lafaard

1887) Die lafaard

April 27, 2009

Jy bekruip in die donker jou mantel van lig verblind haar jy bekruip, jy nader nie jou prooi manlik nie jy spin ’n storie beslis nie jakkals en wolf nie sy glo die wolf want hy praat tog so alte mooi ek hoop tog sy sien die man leeu daar buite lafaard sluip jy weg …

1888) As ek my oë toemaak

1888) As ek my oë toemaak

April 27, 2009

Sien ek my lief se gesig afgeëts teen die donker die grense van mooi van onskuld van elegansie sien ek in die donker van die dag wanneer haar sagwarm asem oor my wang streel en haar hare my voorkop streel dan ontwaak my gees my God ek het ’n duisend jaar geslaap Liked it? Share …

1889) Grafsteen

1889) Grafsteen

April 27, 2009

ek het dit gekoop gebore 30 april 1900 … dood 30 april 2009  mens wil nie ouer as 109 word nie Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte