Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1788) Ek sien uit

1788) Ek sien uit

March 27, 2009

daarna om weer kind te wees weer die ou populierboom te klim kleilat te gooi moddervoet te loop perskes te pluk en pit in die dam te spoeg die geel roos vir my ma te pluk die reuk van die rooi roos op te snuif ek maak my oë oop ek sien die murasie en …

1789) Die hemel

1789) Die hemel

March 27, 2009

is nie vir almal beskore nie as jy gehoer en rumoer het gly jy verby as jy die reëls in die kruisboek eerbiedig het en jy ken vir Jesus is jy welkom daar dit is so eenvoudig soos dit Liked it? Share it please …

1790) Na my dood

1790) Na my dood

March 27, 2009

moet julle my nie veras nie dit sal die lug besoedel begrawe my in ‘n woud sodat die ou bome die kompos kan gebruik om nuwe lote te skiet sodat die blare groener kan wees hierdie nuwe seisoen Liked it? Share it please …

1791) Reënboog

1791) Reënboog

March 27, 2009

my trane maak my reënboog ek kan nie anders as om te wonder waarom moet ek huil om die reënboog te kan sien Liked it? Share it please …

1792) Beteul die lus

1792) Beteul die lus

March 27, 2009

haar ma het haar gewaarsku om haar hande tuis te hou dit is so maklik my kind as jou hande dwaal om verkeerd te vat as die versoeking te groot is drink ‘n glas water sy onthou nog die woorde dit was so lekker gewees sy wou meer en meer hê sy was lus vir …

1793) By jou wil ek

1793) By jou wil ek

March 27, 2009

my tyd deurbring by jou wil ek teen jou warm lyf sit by jou wil ek in jou oë kyk ek wil jou lippe lees daaraan hang om meer te hoor jy sus my aan die slaap maar ek weet jy gaan netnou my in die bed sit en toewikkel in my kleuterkombersie jy weet …

1794) Franse soen

1794) Franse soen

March 27, 2009

dit was op die modeskou in Parys ek het op die punt van die verhoog gestaan om ‘n beter foto te neem sy het laggend opgekyk die kamera opsygestoot en my ‘n warm nat oms gegee ek was verstom toe ek na die skerm kyk sien ek net twee wit voete met nommer 4 skoene …

1795) jou lag is lig

1795) jou lag is lig

March 27, 2009

in my wêreld was dit skemer totdat jy my genooi het vir ‘n kerslig ete nou vlieg ek soos ‘n mot om jou kers rond Liked it? Share it please …

1796) Wat maar net liefhet

1796) Wat maar net liefhet

March 27, 2009

jy is ‘n vrou wat maar net liefhet jy is vrou met ‘n hart oop vir ware liefde jy het nie geweet die satan dra ‘n masker nie Liked it? Share it please …

1783) Weet jy nie

1783) Weet jy nie

March 26, 2009

dat jy nie mag maak en breek dat jy seermaak dat jy maak dat liefde dood en smart oorneem jy ken nie God nie jy speel met Sy kind jy speel met my kind maar wat jy nie weet is dat God haar sal bewaar Liked it? Share it please …

1779) Jy het seker gedink

1779) Jy het seker gedink

March 25, 2009

jy flous my toe jy gesê het die kondoom in jou handsak het jy as ‘n demo model op die skou gekry Liked it? Share it please …

1780) warmhart

1780) warmhart

March 25, 2009

die warmhart somer gly verby die jakaranda kinders plof in die stof die koud winterson kan nie die vrieshart ontdooi Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte