Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1745) Vir die manne

1745) Vir die manne

March 16, 2009

word dronk van die liefde laat jou hart onstuimig word laat jou oë nie rondsoek nie en drink van die wyn wat jou vrou vir jou in ‘n silwerbeker gee Liked it? Share it please …

1746) 365 gordyne

1746) 365 gordyne

March 16, 2009

elke jaar begin met 365 baie jare se gordyne het ek elke oggend oopgetrek soms het ek skrefiesoog geloer soms rooioog soos hartseer soms kwaad soms bitter soms vreugdevol soms dankbaar soms siek maar elke dag moet ek die gordyn ooptrek dit gaan deesdae moeilik maar ek kan nie anders nie die flou lig van …

1747) Ek wil nie meer rondkyk nie

1747) Ek wil nie meer rondkyk nie

March 16, 2009

daar is so baie mooi in hierdie wêreld ek het ‘n mooi motor gesien – blink ek het ‘n mooi huis gesien – grand ek het ‘n mooi rok gesien – sexy ek het ‘n mooi meisie gesien – wow ek het ‘n mooi model gesien – glansend ek het ‘n mooi vrou gesien – …

1731) As jou ma nie

1731) As jou ma nie

March 15, 2009

en jou pa nie so stout was nie dan sou ek nie jou stiefboetie gewees het nie Liked it? Share it please …

1732) Noag is moedeloos

1732) Noag is moedeloos

March 15, 2009

Dit het uitgelek die sondaars het twintig arke bestel Liked it? Share it please …

1733) Jy het gevra hoe ganit

1733) Jy het gevra hoe ganit

March 15, 2009

ek sien die lewe ek sien die seer hoe sal ek dit nie weet nie jy het dan in my oog gekyk die waarheid ontbloot Liked it? Share it please …

1734) Die fotograaf en die blond

1734) Die fotograaf en die blond

March 15, 2009

se kamera flits en flits hy was eerste daar ’n scoop! die wrak van die geel motor vergete eenkant al draai die wiele nog te laat was dit hy kon nog die vars bloed die ruklywe vasvang die staaroog van die meisie die gebreekte bottel dit gaan ’n wenner wees hy is ’n goeie fotograaf …

1735) Praatmaat

1735) Praatmaat

March 15, 2009

ek het net gehoor hallo berg toe staan sy daar blouoog blink mugg&bean se koffie het praatwater gewoord die lewe gee die lewe neem het ons gedeel mag die arend wat jou huistoe vat veilig land Liked it? Share it please …

1736) Dankie my woes vriendin

1736) Dankie my woes vriendin

March 15, 2009

Jou lag weerklink nog steeds in my oor jou oog blink nog steeds daar ver die doef van jou groot hart hoor ek tot hier Liked it? Share it please …

1737) So wyd soos die Heer se genade

1737) So wyd soos die Heer se genade

March 15, 2009

JA JA ons het dit al gehoor ! sing die koor maar as jy sonde van a tot z gedoen het dan sing jy saam Liked it? Share it please …

1738) Die lewe is soos ’n petroltenk

1738) Die lewe is soos ’n petroltenk

March 15, 2009

Jy dink daar is nog baie oor en ry baie draaie as jy weer kyk is jy op reserwe en jy wou nog kaapstad toe gery het jy het nie genoeg tyd oor nie Liked it? Share it please …

1739) Die hart van ’n vrou

1739) Die hart van ’n vrou

March 15, 2009

jy is suiwer vrou todat hy jou met liefdespraak oorrompel dan is jy net vrou met ’n liefdeshart dan is dit te laat Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte