Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1740) Vasgevang

1740) Vasgevang

March 15, 2009

Ek is vasgevang in ’n tydgleuf wat al hoe nouer word nou weet ek tyd is kosbaar dit word al minder ek moet dit wat kosbaar is versigtig gebruik Liked it? Share it please …

1741) Die wind

1741) Die wind

March 15, 2009

spookstem om die hoeke van my huis vasgevang luister ek is een van die stemme miskien die onreg wat ek aangedoen het Liked it? Share it please …

1742) mIX iT

1742) mIX iT

March 15, 2009

As jy klip sement en sand mix kry jy iets konkreets as jy wors en eiers en bacon mix dan kry jy ’n mixed gril as jy ’n klomp selfoon praters mix dan is dit ’n mixit, ’n deurmekaarspul as jy ’n klomp faces mix kry jy ’n facebook as jy ’n klomp woorde meng …

1726) Wat se donnerweer

1726) Wat se donnerweer

March 14, 2009

my eerste meisie wat ek gelos het vir die tweede gooi ‘n sneeu storm my twee meisie wat ek gelos het vir die derde stuur ‘n stormwind en skeur die takke my derde meisie wat ek gelos het vir die vierde stuur ‘n haelstorm wat my kar gelooi het my eerste vrou wat ek vir …

1727) Die hartseer wat nie wys nie

1727) Die hartseer wat nie wys nie

March 14, 2009

Is wanneer jy my nie sien nie maar wanneer ek jou sien skeur my hart vanaand alleen tjank ek soos die alleenkind Liked it? Share it please …

1728) Ons eet aarbei roomys langs die swembad

1728) Ons eet aarbei roomys langs die swembad

March 14, 2009

ons lek oormekaar aanmekaar vonkeloog lag ons en lek die stokkies af stoutoog kyk ons na mekaar en plons in die swembad dit vat lank om nat klere uit te trek Liked it? Share it please …

1729) Daar is ’n traan in jou oog

1729) Daar is ’n traan in jou oog

March 14, 2009

en ek wonder waarom met jou rooilip lag kon die traan maar wag is die lag vir my op hierdie lentedag jou bleekblou oë spies in myne op die groen heuwels van jou siel wink jy vir my (nog een vir S) Liked it? Share it please …

1730) Die Ierse meisie glimlag

1730) Die Ierse meisie glimlag

March 14, 2009

Sy kyk stip na die horison haar blou oë weerkaats die golwe wat lê agter die golwe dublin die bomme die bloed GODDANK dis verby die vredes duif vlieg weer hier op die strand sien sy hoe die skuim golfies die sandkastele opvreet die kinders lag en speel alles voel soos gister sy kyk na …

1718) Is jy gerook

1718) Is jy gerook

March 13, 2009

vra sy vir snoek ja sê hy toe eet sy hom ’n droom word bewaarheid Liked it? Share it please …

1719) Slurp

1719) Slurp

March 13, 2009

Oom olifant is ongeskik hy slurp sy sop op Liked it? Share it please …

1720) Jy het my kaal gepik

1720) Jy het my kaal gepik

March 13, 2009

my klere uitgetrek my beursie gevat my gewond my gelos volgende keer hou ek my klere aan Liked it? Share it please …

1721) Die ooievaar is moerig

1721) Die ooievaar is moerig

March 13, 2009

hy werk sy gat af maar word nie betaal nie maar wat kan hy doen as ‘n baba kom moet hy daar wees die natuur gaan sy gang maar hy lag by homself as hulle nie betaal nie kry die kind sy naam Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte