Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1702) Ek het nooit geweet nie … maar nou

1702) Ek het nooit geweet nie … maar nou

March 10, 2009

weet ek wat liefde is vandat jy in my lewe gekom het weet ek wat hartseer is van die mooi dinge wat mens wil hoor van die mooi dinge wat jy vertel het ek moes net die mooi hoor maar nooit die lelik nie dit sou jy my eers later wys Liked it? Share it …

1704) Ek het tyd …?

1704) Ek het tyd …?

March 10, 2009

so baie tyd nadat jy die bitter woorde gespreek het die tyd het stil gaan staan dae wat eers gelag het en vroeg oggend gewink het die lang rondval nagte vrees ek want jy my anker is nie meer daar om my val te keer nie Liked it? Share it please …

1705) Sy draai om

1705) Sy draai om

March 10, 2009

en sê ek het jou vertrou ek het geglo in wat jy gesê het jy het maar net met my gespeel ek was bereid om jou lief te hê daar te wees vir jou jy het my seergemaak en daarmee die enigste mooi iets in jou lewe versmaai jou leë woorde hou geen belofte in …

1690) Die nag

1690) Die nag

March 9, 2009

bekruip ons die nagvoëls sing verskrik die uitmekaargeskeurde kos vir die honger die hongertjank Liked it? Share it please …

1691) Jy is ’n feëtjie

1691) Jy is ’n feëtjie

March 9, 2009

Wat dans in die palm van my hand die sterre val van jou vlerke en lê orals blink jy is ’n feëtjie wat dans in die gange van my hart jou lag bons in die leë kamers van my hart rond jy is die feëtjie wat my laat lag wat my laat wonder waarom kom …

1692) Ou begeertes

1692) Ou begeertes

March 9, 2009

Trane wat uit twee oë loop wat saamvloei in een begeerte ’n fontein van begeerte wat nooit ophou vloei het brand ek van begeerte die vuurgloei kan ek nie keer nie jy steek my aan die vuur van ou begeerte brand lustig Liked it? Share it please …

1693) Word jy ook wakker in die nag

1693) Word jy ook wakker in die nag

March 9, 2009

en dink aan my soos ek aan jou eeue skei ons nou so ver was die reis ek kon eens my arm om jou slaan en knus teen jou lê word jy ook wakker in die nag? Liked it? Share it please …

1694) Ek vlug

1694) Ek vlug

March 9, 2009

my lewe lank al vir die seer die pyn van onsekerheid wat ek oral sien die strak gesigte die oë wat staar na die horison asof iets beters wag ek is op vlug nommer 365 Liked it? Share it please …

1695) Langlyf

1695) Langlyf

March 9, 2009

op die horison sien ek jou jou laglyf afgeëts jou arms uitgestrek om die vroegoggend son te gryp om daglank die warm te troetel Liked it? Share it please …

1689) Vandag begin vandag

1689) Vandag begin vandag

March 8, 2009

as die laaglê son groter word en meer wys van die dag weet ons waar om te loop die son het die sterre bed toe gejaag om ons in menswêreld ‘n nuwe dag te wys Liked it? Share it please …

1686) Grys

1686) Grys

March 7, 2009

So baie areas grys besoedel liefde vertroue lojaliteit sal jou lig warm wit kan deur breek na die helder reënboog van geluk warmte vrede waarna ons smag Liked it? Share it please …

1687) vir my verjaarsdag

1687) vir my verjaarsdag

March 7, 2009

ek wonder wat gaan gebeur hierdie jaar dit is die vierdie jaar nadat ons getroud is die eerste jaar ‘n bos angeliere rooi, ek was in ekstase rooi is mos mooi die tweede jaar ‘n bos vergeet-my-nietjies ‘n mooi naam maar goedkoop blomme die derde jaar kry ek ‘n rooi roos die wat hulle by …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte