Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1674) Net een kans

1674) Net een kans

March 2, 2009

het ek gehad ‘n engel was hier terwyl ek geslaap het ek kan vaagweg onthou haar stem was soos ‘n duisend klokkies sy het op die wolke geloop en my naam geroep my alkohol benewelde brein kan dit nie snap nie Liked it? Share it please …

1675) Slaapson

1675) Slaapson

March 2, 2009

moeg op die horison lê slaapson uitgeput na die lang dag se gekuier in sondewêreld oorkant die horison is dit nag Liked it? Share it please …

1661) Dans

1661) Dans

February 28, 2009

hy gly oor die dansvloer sy geoefende hande stuur haar waar hy wil die polsende musiek sleur haar mee sy arm omvou haar vryf teen haar bors sy kyk in sy bleek blou oë toe weet hy sy gaan sy sewende vrou word Liked it? Share it please …

1662) Ek is die enigste een

1662) Ek is die enigste een

February 28, 2009

dit is te vroeg in die oggend om die dag te ontsnap hulle strompel rooioog die kantoor in ek lag en sit in my kantoor ek is die enigste een wat my dag kan skryf Liked it? Share it please …

1663) Donder

1663) Donder

February 28, 2009

die wolke raas die flitse blits dit is ‘n verkeerde dag hierdie sê hulle vir mekaar die bliksemstraal speel tussen die heuwels en tref onverhoeds die skape die redelose diere word op ons braaivleisvuur geniet en wag vir die donder Liked it? Share it please …

1664) Die gevaar

1664) Die gevaar

February 28, 2009

is dat ons te gerus is oor ons geliefde ons gee nie genoeg aandag in die dag hy/sy kom moeg by die huis die ka-ka doek wag die kos pot wag hoe deurmekaar kan ons wees meng kos en ka-ka ‘n resep vir disaster ek vlug Liked it? Share it please …

1656) My hart spons

1656) My hart spons

February 27, 2009

vang jou trane en suiwer dit in die oggend gee ek jou vars dou trane wat jou oë weer sal laat blink Liked it? Share it please …

1657) Jy gee die groen lig

1657) Jy gee die groen lig

February 27, 2009

ek storm gretig om by jou te kom maar ek was te ver toe flits jy orange ek steek vas voor die rooi my vang my lewe lank sien ek die groen en dan die rooi Liked it? Share it please …

1658) Gemmerkoek mannetjie

1658) Gemmerkoek mannetjie

February 27, 2009

jy is so warm jy ruik so lekker jy is sag voor jy hard word jy is bruingebrand uitgestrek reg om geëet te word reg om nou jou soet jou lekker te gee as ek jou so sien lê kan ek my lus nie keer ek knibbel aan jou oor Liked it? Share it please …

1659) Spierman rou

1659) Spierman rou

February 27, 2009

ek was eens ‘n spierman wat elke dag yster gestoot het as ek instap gee die ouens pad en die girls glimlag dit was die jare van breek die warm goed was syne gewees met die jare het die muscles verdwyn op die stoep sit hy en kwyn Liked it? Share it please …

1660) Ek vat jou trane en jou lag

1660) Ek vat jou trane en jou lag

February 27, 2009

en jou hartseer en jou vreugde en jou liefde en jou hardegatheid en jou sag ek bottel dit en sit dit op my kas in die oggend skud ek jou en kyk met ‘n glimlag na my woes deurmekaar meisie Liked it? Share it please …

1652) The book of uncounted sorrows

1652) The book of uncounted sorrows

February 26, 2009

ek skryf van hate, love, cooking, zimbabwe, heart transplant journeys, food, money, life, murder die titels staar ons aan wat moet ons kies wil ons lag wil ons huil wil ons hoop wil ons wanhoop hier lees ons van haat van liefde van kook, van menseregte verwoes van nuwe lewe, van reise van eet van …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte