Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1609) Ek soek

1609) Ek soek

February 14, 2009

rond in die skemer na gedagtes van die jare van lig Liked it? Share it please …

1610) Op soek na liefde

1610) Op soek na liefde

February 14, 2009

die klein voëltjie word uit die nes geskop op ’n reis op soek na liefde die voëltjie kry ’n maat die keuses is beperk almal trek dieselfde aan ruik dieselfde dit is so eenvoudig so eenvoudig Liked it? Share it please …

1601) Ek is nie jennifer

1601) Ek is nie jennifer

February 13, 2009

Na die baie wyn was hy deurmekaar hy het haar jennifer genoem haar naam is F…en susan sy voer hom meer in haar flat vry sy hom lamgat sy infrarooi sy sel en sien die name jennifer, dianne, sannie en ook nog peter en john sy vat die broodmes en lag waansinnig Liked it? Share …

1602) Sagoog vra sy … sal ons

1602) Sagoog vra sy … sal ons

February 13, 2009

sal jy my veroordeel oor gister en eergister nee sê hy en kyk weer in haar sagoog sal jy my veroordeel oor vandag en eergister sy maak die deur oop en drie seuns kom in hulle name is vandag, gister en eergister Liked it? Share it please …

1603) Vir jou miljoen sal ek dit doen

1603) Vir jou miljoen sal ek dit doen

February 13, 2009

sal ek nie dans nie sal ek nie strip nie vir jou miljoen sal ek nie sing nie vir jou miljoen word ek nie ‘n hoer nie Liked it? Share it please …

1604) Waarom vrydag die 13de?

1604) Waarom vrydag die 13de?

February 13, 2009

party vrees die dag omdat ander dit vrees wie het begin versprei as jou geloof suiwer is is dit ‘n dag soos enige ander dag Liked it? Share it please …

1605) My dromer

1605) My dromer

February 13, 2009

my hart is sag vir jou my gees reik uit maar my lyf is dood vir jou my ou dromer was jy maar 30 jaar jonger dan kon ek droom oor jou Liked it? Share it please …

1594) Sy is baie kwaad

1594) Sy is baie kwaad

February 12, 2009

waarom weet ek nie vroumense is soms so onvoorspelbaar maar pasop as sy eers aan iets vasgebyt het gaan jy nie loskom nie totdat jy leeg uitgespoeg word Liked it? Share it please …

1600) Net n geraamte

1600) Net n geraamte

February 12, 2009

jy het my vertel van jou huis van jou blink motor van jou geld van jou baie liefdes maar toe ek die kasdeur oopmaak was daar net geraamtes Liked it? Share it please …

1595) Op die toneel

1595) Op die toneel

February 12, 2009

bande skree die robot rooi glassplinters verstrooi karre stop mense kyk verskrik ‘n arm lê in die pad grille en gille ek gryp my sel die kamera kliek en kliek ek het dit alles die trane die bloed die geamputeerde arm die vergruisde been die lens koud oog neem alles in more spoeg die koerante …

1596) Somer ryp

1596) Somer ryp

February 12, 2009

somer rypheid tussen die groen met verwagting vlek ek jou oop ek was te laat die vrugtevlieg was hier jou duisend vye pitjies spat op die grond Liked it? Share it please …

1597) Soos trosse

1597) Soos trosse

February 12, 2009

Die trosse donker blou hang hulle word wreed gesny in hope gepars tot die laaste sap die doppe onverskillig eenkant die soet rooi sap na die vat in die donker fermenteer die rooi uit die donker put jare wyser word wyn gebottel om jare deur donker glas die wêreld te sien en wys te word …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte