Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1583) Die kat

1583) Die kat

February 9, 2009

sit rustig en was homself hy het sy gat af geslaap en is reg vir die nagkat lewe sy groen oë skrefies as hy sag purr en vertel van die ses meisies sy dates vir vanaand hy vreet sy vis die meisies laaik hy spring tot bo en uit die jagsnag lê voor Liked it? …

1584) Sy stuur V

1584) Sy stuur V

February 9, 2009

‘n valentynskaartjie aan haar x sy sê dit is net om my op my tone te hou Liked it? Share it please …

1585) jy dink ek is sweet V

1585) jy dink ek is sweet V

February 9, 2009

maar as die pakkie rooi hartjies opgeëet is onthou jy weer Liked it? Share it please …

1586) Die dinge wat jy doen V

1586) Die dinge wat jy doen V

February 9, 2009

die sonskyn wat jy bring die lag wat jy deel die drome wat word word nou my valentyn Liked it? Share it please …

1572) Liefde murasies

1572) Liefde murasies

February 8, 2009

ek stap vanaand in die oudorp rond die jare van lank gelede spook maar altyd rond ek sien die vervalle een vertrek murasie van ons eerste liefde die dak is af die vensters uit ons het gesê die dak van ons huisie die glas van ons ruite sal ons liefde warm binne hou toe kom …

1573) Jy sal my moet oplek

1573) Jy sal my moet oplek

February 8, 2009

sê sy vir my voordat jou hitte my laat smelt my lekker roomysie sê ek terwyl ek die straaltjies smelt opslurp Liked it? Share it please …

1574) Sy wil gereed wees

1574) Sy wil gereed wees

February 8, 2009

herfs staan pragtig uitgevat in haar volkleur somersrokkie die seisoene draai sy wil gereed wees as haar minnaars dalk vroeg kom Liked it? Share it please …

1575) Papier pop

1575) Papier pop

February 8, 2009

ek was alleen en het gesmag die skoon A4 het my getrek blakend wit ongeskonde my pen huiwer ’n oomblik ek vat A4 en vou haar ek vat my sagrooi ink sy glimlag vir my sy knik vir my ek rooi haar lip maar toe ek haar soen frommel sy Liked it? Share it please …

1576) sms LOVE V

1576) sms LOVE V

February 8, 2009

dan moet jy hol want ’n honderd pyle is oppad Liked it? Share it please …

1577) Woorde

1577) Woorde

February 8, 2009

tien duisend woorde lê opgesluit tussen die blaaie van my boeke 50 liter trane honderd vloeke vyftig gedigte 50 gebreekte harte en ek het nog net een boek gelees Liked it? Share it please …

1578) Krediet kaart koop … ook

1578) Krediet kaart koop … ook

February 8, 2009

sy het my gevra waar is die kaart na jou hart ek gee haar toe my krediet kaart die kaart het 10 keer laat weet toe storm ek huis toe Liked it? Share it please …

1579) Stukkies hart

1579) Stukkies hart

February 8, 2009

die druppels se harte is gebreek huilend werp hulle hulself teen die ruit hulle harte spat aan stukkies Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte