Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1517) Kakpad

1517) Kakpad

January 28, 2009

ek is nie ‘n kla gat nie maar dit is ‘n kakpad die padkaart het ek gelees die roete gevolg gedraai, gestap wanneer ek moes toe slaan ek die modderpad my wiele het gespin ek het dwars gedraai my bumper opgefok my deur geduik ek blink nie meer ek is nie meer so mooi nie …

1518) slaapnewels

1518) slaapnewels

January 28, 2009

my hart hoor jou stem selfs wanneer jy praat en ek nie antwoord nie deur die diep droomloos slaap ervaar ek jou lees jy gedigte wat my omvou my hart hoor jou stem altyd Liked it? Share it please …

1505) Die kettings is gebreek

1505) Die kettings is gebreek

January 27, 2009

ek stap uit die sel die tralies se streep skaduwees lê agter my die nagslot wat jou in die sel vaskeer het vir die laaste keer oopgeknars ek stap uit in witlig wat streel oor my vel en kyk om dood en koud eenkant staan jy daar sel van die dood ek kan weer lewe …

1506) die miskruier rol sy bal

1506) die miskruier rol sy bal

January 27, 2009

hoe verder hy gaan hoe meer kak kry hy tot hy nie meer sy bal kan rol nie ons mense is ook maar so ons bly rol ons bly jol ons bly klipdrift tot die kak spat en ons alleen sit en wonder hoe het ons so in die kak beland ons weet nie wat …

1507) Weet nie van beter

1507) Weet nie van beter

January 27, 2009

die vrouens van hierdie dorp weet nie van beter hulle dra almal dieselfde haarstyl en blomrokke hulle kry nooit blomme nie die manne spog in die kroeg en huil oor die bote en double cabs wat die balju gevat het hulle spog oor hoeveel vrouens hulle al gespyker het Twaalfuur maak die kroeg toe en …

1508) Jy laat my wonder

1508) Jy laat my wonder

January 27, 2009

of ek kan vlieg en klief deur die lug of die wind wat fluister nog iets wil vertel of die wind wat die riete roer deur jou gestuur is of die koel somerwind wat oor my wange vloei of die orkaan deur jou gestuur is om my te verinneweer omdat ek jou liefde versmaai het …

1509) Jou lafenis

1509) Jou lafenis

January 27, 2009

sag val die plasse water op die dors grond so is my siel oopgevlek vir jou troos my honger mens wees wat uitreik na jou die leeg wat dorstig stikkend van jou drink Liked it? Share it please …

1510) Dis oor

1510) Dis oor

January 27, 2009

die swaar storm grom-grom nog effens die sopnat misrabele kreature storm na hulle motors hulle het nie eens die massa water wat hulle meegesleur het gesien nie Liked it? Share it please …

1511) Styf

1511) Styf

January 27, 2009

die man met die lang hare kyk na die koek-koek horlosie Dit is drie uur in die oggend hy moet nog die viool klaarmaak hy kan nie wag om die pragtige klanke te hoor uit die spesiale viool hy vry nou al drie jaar na die dogter van die balju en vandag is die dag …

1512) Die glimlag op jou lippe

1512) Die glimlag op jou lippe

January 27, 2009

op jou gesig jou wange rosig jy het vrede by my gevind jou glimlag vul my dag ek kan nie wag om jou glimlag weer te sien nie Liked it? Share it please …

1499) Ek gaan jou vreet

1499) Ek gaan jou vreet

January 26, 2009

ek wag al lank vir ’n kans ek sien jou lyf in die moreson blink ek kan nie meer ek wil haar vreet ek weet ek smaak lekker die bevrugting was hemels maar toe sy my begin toespin weet ek sy gaan my ook vreet Liked it? Share it please …

1500) Lone zone

1500) Lone zone

January 26, 2009

i am alone in the lone zone they only talk about the loan zone hoeveel hulle kan maak uit my bleek lyf Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte