Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1433) In my sel van eensaamheid

1433) In my sel van eensaamheid

January 11, 2009

uitgesluit stilstuipe ek breek uit breek die bottel my GOD al die bloed Liked it? Share it please …

1434) Die son staan stil

1434) Die son staan stil

January 11, 2009

Die dag toe jy my gesoen het het die son stil gestaan   die dag toe ons eerste keer gevry het het die son stilgestaan die dag toe ons getroud is het die son stilgestaan na al die jare is jy nog my son die tyd het stilgestaan jy is nog my son al die …

1435) Rufus

1435) Rufus

January 11, 2009

Jy is die een wat my altyd oogkyk jy stertswaai vir my dis hoe jy praat jy eet wat ek gee vertrou onvoorwaardelik jy wat warm teen my lê jy leef net vir my jy sal my nooit verneuk nie Rufus my Rufus Liked it? Share it please …

1436) Sandkorrels

1436) Sandkorrels

January 11, 2009

Ek weet nie meer hoeveel keer ek al gesê het ek is lief vir jou nie maar dit is meer as in die uurglas van die lewe Liked it? Share it please …

1437) Jy is ’n rondloop kat

1437) Jy is ’n rondloop kat

January 11, 2009

Gisteraand het jy by my geslaap en gesê jy het my lief vanaand klim jy hoog boom en terg die jong tiere wat nog nie boom kan klim nie maar hulle sit onder die boom en wag Liked it? Share it please …

1438) Koorsagtig

1438) Koorsagtig

January 11, 2009

ruk ons die klere af jou appelkoos rooi wange gloei warm teen my bors jy gly af en wek my op jou warm appelkoos wange skuur teen my growwe baard Liked it? Share it please …

1439) Die geluid van jou fluit

1439) Die geluid van jou fluit

January 11, 2009

Het ek gehoor bo al die geraas jou tossel hoed het ek gevolg jy het my gesien en geweet jou fluit se lied was net vir my maar nou as ek in jou arms lê fluit jy net vir my Liked it? Share it please …

1441) My BERGtop

1441) My BERGtop

January 11, 2009

waar ek is ek kan klim tot bo in ’n kits my bergtop kan wees ’n duisend rand ’n mooi motor ’n duisend gedigte ’n kerslig eet ’n klop op die skouer ’n sagoog kyk my wêreld binne ’n wêreld is my bergtop Liked it? Share it please …

1440) Adam en Eva moes eerder …

1440) Adam en Eva moes eerder …

January 11, 2009

op ’n survivour kurses gegaan het dan sou hulle eerder die slang gebraai het en sou daar nie sonde gewees het nie Liked it? Share it please …

1442) Koorsagtig ruk ons die klere af

1442) Koorsagtig ruk ons die klere af

January 11, 2009

jou appelkoos rooi wange gloei warm teen my bors jy gly af en verwek my jou warm appelkoos wange skuur teen my growwe baard Liked it? Share it please …

1443) Gebroke hart

1443) Gebroke hart

January 11, 2009

Jy het my ru gevat bronstig soos net ’n stoetbul kon ek kon nie sê dit was nie lekker nie maar jy was ’n stoetbul daar was nog ’n kraal vol jong verse Liked it? Share it please …

1444) Skaamsag

1444) Skaamsag

January 11, 2009

het jy ja gesê toe ek jou vir matriek afskeid vra skaamsag het jy ja gesê vir die grade dans skaamsag het jy ja gese toe ek jou vra om te trou nou sê jy skaamsag ja sonder om te praat elke nag Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte