Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1358) Ek stap agter jou aan

1358) Ek stap agter jou aan

December 21, 2008

sy stap by die salon uit van agter sien ek die funky haarstyl die seksie lyf ek ruik die parfuum my gunsteling ek volstruisloop agter haar aan om die prentjie te voltooi sy staan voor die juwelierswinkel en kyk om dis my vrou ek is bly jy het my verjaarsdag onthou hoe het jy geweet …

1350) Waarom kan ons wat …

1350) Waarom kan ons wat …

December 20, 2008

almal so seer gekry het nie bymekaar kom om die salf van hoop aan die wonde te smeer nie Liked it? Share it please …

1351) Ek lewe

1351) Ek lewe

December 20, 2008

die crash glassplinters ’n duisend diamante flits verby wêreld tol kar rol bande skree cd speler allegro voort laaste rol stof sak neer hoë oktaan sis op uitlaatpyp toegewikkel in plat wit tou wit lig verblind soos voor die crash ook Liked it? Share it please …

1352) koepon 3

1352) koepon 3

December 20, 2008

Met my koepon boekie gaan ek na die restuarant ek bestel ’n groot glas druiwesap en maak die boekie oop die volgende koepon is van dun ryspapier … Genesis … lees ek vasgevang lees ek van adam en eva en die slang ek lees van noag wat ’n wingerd plant dronk word en kaalgat rondloop …

1349) Koepon 2

1349) Koepon 2

December 19, 2008

ek hoor vêraf die gesing ek het nog nooit ’n engel hoor sing nie by die deur kry ek ’n boekie koepons ek kyk na die koor en sien die kinders dit is hulle wat nie volgens GODS plan gevorm is nie ons draai gewoonlik ons koppe weg maar hulle sing uit volle bors Jesus …

1346) Koepon

1346) Koepon

December 18, 2008

by die ingang kry ek ’n boekie met 20 koepons gratis wen gratis wen … ek kan rande kry ek moet meer gee om minder te kry die eerste koepon sê spin and win! ek sluk 3 vodka spins koepon 2 sê summer holiday cash shower ek los dit ek wil nie rondkruip agter R2 …

1347) Die arme takbokke

1347) Die arme takbokke

December 18, 2008

die diere leef swaar hierdie tyd van die jaar die takbokke moet die slee elke aand om die maan sleep die kalkoene gaan hel toe die hoenders na kentucky skaapboude is gesog die volk loer ook nou al na die aasvoëls om nie eens van die 5th avenue cold duck te praat nie die een …

1348) in hierdie rondomtalie wêreld

1348) in hierdie rondomtalie wêreld

December 18, 2008

hoe bly ’n mens nugter drink minder of niks hoe maak ’n mens dit begin 6 uur te werk hoe het ’n mens vrede bly alleen ek spring op die mallemeule van die lewe en vergeet van die reëls Liked it? Share it please …

1334) As ek blomme gee

1334) As ek blomme gee

December 17, 2008

fluister ek in elke blom se oor smile krul rooi skater lag goud geel son skyn die vrydagaand staan sy daar sy smile vir my haar hare is gekrul haar lippe is rooi sy skaterlag toe ek haar die goudgeel sonneblom gee die son skyn weer in my lewe blomme praat met ’n vrou gerberis …

1335) twinkle-twinkle

1335) twinkle-twinkle

December 17, 2008

Little star how I wonder jy was sneeuwitjie ek was die dwerg ons was saam op die toneel tot matriek jy is nou ’n groot ster en skitter verblindend ek is nog steeds die dwerg ek dra nou ’n donker bril Liked it? Share it please …

1336) Windgat

1336) Windgat

December 17, 2008

stap my swart krulstert spca x deathrow hond langs my hy is nog ’n windgat tiener en leer die lewe nog hy het 16 bome gemerk ek was verbaas die meisie honde was baie opgewonde maar die bogger het 6 liter water gedrink voor die stap Liked it? Share it please …

1337) tjirp kwêk chip

1337) tjirp kwêk chip

December 17, 2008

ek kan nie kiewiet taal verstaan nie maar so ’n mannetjie en wyfie koor het ek nog nooit gehoor hulle hardloop saam hulle vloek my saam toe ek naby die nes kom waarom kan man en vrou nie saam so uit een bek tjirp kwêk chip nie Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte