Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1326) Afsê brief

1326) Afsê brief

December 16, 2008

ek kyk weer en weer na die vergeelde brief jy het dit vir my geskryf dit was jou afsê brief die totsiens soen wat bloedrooi onder pryk vertel sarkasties nooit weer sal jy hierdie lippe soen nie sinies dink ek terug waarom het ek dit gewaag om vir minora te knik ek het al ’n …

1327) Daar lê seker nog

1327) Daar lê seker nog

December 16, 2008

vêr bo skyn die laatmiddag son die donker donderwolke dreig om die son te verswelg ek voel die laatson strale spoel oor my wange my seer trane droog op toe eers sien ek die goue rand om die donker wolk maar dit lê eers in volgende jaar ek kyk af na die blou swart pistool …

1328) ’n dag … lank gelede

1328) ’n dag … lank gelede

December 16, 2008

was ons vasgekeer op die rand ver onder het gewag die skerp rotse van die dood ons het gebid God gee ons vlerke om bo oor ons sondes te vlieg ek het vandag my 1000 ste stel vlerke gekry Liked it? Share it please …

1329) Jy staan voor jou maker

1329) Jy staan voor jou maker

December 16, 2008

Jy het seker baie gelag die dag toe jy my gemaak het jou klei was seker te min daarom is ek so kort daarom is my rug so krom die oorskiet wou jy nie weggooi nie my ma het altyd gesê van oorskiet kan jy nog iets maak daarom gooi jy sommer nie oorskiet weg …

1330) Te veel gesien

1330) Te veel gesien

December 16, 2008

toe die son sak soepel die lywe teen die geel halfson toe die aarde die son sluk storm die lang vlieswolkies om die wond te bedek later kom loer die maan grootoog oranje oor die horison sy sien en word skaam skrefiesoog gly sy op haar baan en plons verlig in die koel waters in …

1331) ek wag nou al so lank

1331) ek wag nou al so lank

December 16, 2008

Here dat u my gebed moet verhoor ek het nie geweet daar is so ’n lang tou nie, ek wag al 50 jaar dit moet maar baie sleg gaan hier op aarde Liked it? Share it please …

1332) my glimlag son

1332) my glimlag son

December 16, 2008

dit is weer so ’n dag my son is nie warm genoeg nie die koue winde vries my die koue kyke in die mall ek vlug weg van myself ek verloor myself diep tussen die donker wolke van die melkweg Liked it? Share it please …

1333) Jou roeprooi lippe

1333) Jou roeprooi lippe

December 16, 2008

jou roeprooi lippe is droog jy lek sensueel met jou lang tong om die glinster terug te kry die warm verhoogligte jaag warm blink sweetstraaltjies teen jou bruin lyf af jou toppie absorbeer en deurskyn ’n stroom druppels is op pad na jou G Cut sê die producer ons adverteer lipstiffie Liked it? Share it …

1321) mooi is die lewe

1321) mooi is die lewe

December 15, 2008

sing die netbalkoor hulle het so pas die kampioenskap gewen hulle het eers koppe gesak en dankie gesê en toe gesing maar hulle het nie geweet langs die veld was, die rugbykaptein die onderkaptein, die voorry en die agterry die krieketkaptein die bofbalkaptein die aantreklike onnies die aanslae was net te veel na nege maande …

1317) Kingston Jamaika

1317) Kingston Jamaika

December 14, 2008

i am sad to say i am on my way to see the little girl i left in kingston town ’n krismis sakkie ’n pakkie is dit wat jou opwekker coke in die nag op die heidelberg nag snuif lekker die somer maar onthou die passie nagte Liked it? Share it please …

1318) King of the ring

1318) King of the ring

December 14, 2008

waarom is ek hier? omdat ek almal gebliksem het. ek’s ’n kampioen sê die springbok bul waarom kan ek net nie ’n bul wees nie omdat jy gekies is ’n ware bul is ’n ware bul Liked it? Share it please …

1319) It must be love

1319) It must be love

December 14, 2008

dink ek toe ek haar sien met haar dun yl hare en traan oog my hart bons onkeerbaar ek kyk in die spieël en sien die bleskop die rimpel gesig ons verjaar op dieselfde dag sy is sewentig, ek’s tagtig it must be love sê ek weer vir myself dinge gebeur altyd te laat ek …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte