Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1253) meneer aan die slaap

1253) meneer aan die slaap

December 1, 2008

het jy geweet dat jy ‘n vrou het wat polsend op jou wag elke nag besef jy nie dat ‘n blom water moet kry nie miskien sien jy nie die blom nie, omdat die blom nie water kry nie? Liked it? Share it please …

1254) beweeg

1254) beweeg

December 1, 2008

‘n bietjie links ‘n bietjie regs ‘n bietjie op ‘n bietjie af donner sê ek na al die jare dink jy ek kan nie bestuur nie, ek gaan vir my ‘n ander kar koop een wat kan ref een wat outomaties is wat gear vir gear kan shift Liked it? Share it please …

1255) my teef

1255) my teef

December 1, 2008

met jou agt lang tiete kyk die honde nie meer nie maar ek onthou nog toe jy ’n jong teef was hoe het ons gejol jy het vir my ses werpsels gegee ronde bruin sag bolletjies opgeraap deur menseland jy is my liefste teef ouvrou lê jy nagsag teen my in ons hondehok Liked it? …

1242) oom planeet

1242) oom planeet

November 30, 2008

oom planeet het vir komeet gesê ek gaan jou bliksem komeet lag net en sê seker nie in die volgende 100 jaar nie Liked it? Share it please …

1243) paartyd in parraland

1243) paartyd in parraland

November 30, 2008

die ou parras brul volbors het baie seisoene al gepaar die jong parras brul hees die ou parras brul hard vanaand parrabier vloei seker liters die ou parras sit leepoog en terugdink aan die paar seisoene van die verlede min weet hulle die jong parras is vinnig en bevrug die maagde terwyl die ou parras …

1244) die wit duif

1244) die wit duif

November 30, 2008

se oë rol verskrik gevries van vrees as die swart skaduwee nader snel die valk raap sy prooi en vlieg swaarvlerk Liked it? Share it please …

1241) Kom nader

1241) Kom nader

November 29, 2008

as jy nie nader kom nie is ek in my moer ek het die daad gepleeg as jy nie nader kom nie sal jy nooit weet nie en ek sal nooit weet of ek verkeerd gedoen het nie Liked it? Share it please …

1233) pharos-tesourus reis

1233) pharos-tesourus reis

November 28, 2008

‘n moet vir elke digter te koop by die CNA skryf ‘n datum langs die woord skryf ‘n datum langs die verklaring en jy reis terug in jou digterswêreld met ‘n glimlag met ‘n traan koop jou pharos Liked it? Share it please …

1234) die sterre het net gevonkel

1234) die sterre het net gevonkel

November 28, 2008

toe ek jou die eerste keer in die maanlig gesoen het die maan het net haar wimpers geflikker en gewens dit was sy Liked it? Share it please …

1235) ken my goed

1235) ken my goed

November 28, 2008

en ek sal goedwees vir jou my eerste het my flou gery ek het ja gesê my tweede het my seer hart ge-nurse ek het gedink ek is versorg my derde het gesê vry my bewusteloos so eerlik en het gehelp met my testament vir my lewe vrees ek nou Liked it? Share it please …

1236) ek het jou toegelaat

1236) ek het jou toegelaat

November 28, 2008

om in my lewe te kan kom om jou te ervaar en te verduur Liked it? Share it please …

1237) die springkaan spring

1237) die springkaan spring

November 28, 2008

so ver as hy kan maar die sprinkaan voel se bene is langer as sy spring Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte