Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1027) nag SKADE

1027) nag SKADE

September 21, 2008

ek sien hoe die verleier haar oorrompel op ’n blosende 18 glo sy gou hy lag sy skater en volg sy spoor ek doen niks miskien sien ek verkeerd Liked it? Share it please …

1028) geskroei

1028) geskroei

September 21, 2008

die wrede winterwind waai ysig deur ons en skroei die botsels van hoop maar geskroei bot ons voort ’n nuwe somer ’n nuwe lewe seer gesnoei gelouter dra ons somervrug Liked it? Share it please …

1029) dit maak sin

1029) dit maak sin

September 21, 2008

letters op wit gerangskik word woord gebore woord gerangskik om sin te maak om uit te druk wat die stom hart nie kan sê nie op wit kan ons praat op wit kan ons deel dis pret sonder steel vir my sal jy altyd abc bly Liked it? Share it please …

1013) sy lag uitdagend

1013) sy lag uitdagend

September 21, 2008

na drie glase sê ek vir haar jy is ’n tough nut sy lag uitdagend en sê volgende keer bring twee bottels en jou neutekraker Liked it? Share it please …

1014) rol

1014) rol

September 21, 2008

die rooi draak brul-brul die robot klik verblind is ek as die draak glyband spin brand oog sien ek die opgefrommelde rooi blik rol in die stof Liked it? Share it please …

1015) opregte hart

1015) opregte hart

September 21, 2008

net ’n opregte hart kan liefde koop kan liefde verdien kan liefde gee kan liefde ontvang ? Liked it? Share it please …

1023) jy stuur √

1023) jy stuur √

September 20, 2008

ek stuur √√ jy stuur √√√ ek stuur √√√√ match √√√√√ Liked it? Share it please …

1024) drie soentjies

1024) drie soentjies

September 20, 2008

waarom praat jy nie met my nie ek sms jou elke dag maar jy stuur net xxx as jy xxxx stuur weet ek jy wil verder ek stuur xxxxx maar jy stuur steeds xxx ek stuur jou nou #?*&%#@ in jou moer Liked it? Share it please …

1025) Jesus Lebt

1025) Jesus Lebt

September 20, 2008

teen ’n ou gebou in giessen duitsland is die woorde uitgekerf spierwit vertel dit Jesus Lebt wie is hierdie Jesus wie se naam ek oraloor sien van land tot land dit moet tog iets beteken waarom skryf ons die naam op mure en glase ons is sekerlik nie dwase die wat wil weet sal sekerlik …

1021) ek wil meer hê

1021) ek wil meer hê

September 19, 2008

sê sy en vroetel met die 18k goue halsnoer sy flikker haar oë en glimlag mooi ek weet ek gaan haar verloor as ek nie haar oë kan laat blink nie ons staan en kyk na die skitterblink 2 karaat diamant dit is pragtig sê sy bliksem, sê ek en verloor haar Liked it? Share …

1022) jou smeltwarm lyf

1022) jou smeltwarm lyf

September 19, 2008

mis ek jou nagvroetel en slaapprewel mis ek jou slaaptaal verstaan ek nie maar mis jou die warm in my bed die warm in my lied Liked it? Share it please …

1018) sand meisie

1018) sand meisie

September 18, 2008

van die klam sand het ek haar gevorm met die troffel van my siel ek kan haar laat lag ek kan haar laat huil ‘n sexy lyf kan ek bou maar sy het droog geword die sand het geloop haar lag het korrel vir korrel verdwyn haar sexy lyf ‘n hoop sand vormloos my lus …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte