Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1019) dis verby

1019) dis verby

September 18, 2008

wanneer gaan ons weer soos van ouds lag en terg en koester vra sy wanneer gaan ons weer blomme pluk en skater vra sy Liked it? Share it please …

1020) kom ons gaan blomme

1020) kom ons gaan blomme

September 18, 2008

pluk in die vlei die mooiste kleure die lekkerste geure kom ons gaan mens wees net ek en jy Liked it? Share it please …

1015) jy het dit maklik gemaak

1015) jy het dit maklik gemaak

September 16, 2008

jare gelede het jy haar mislei jy het haar verniel na die marteljare het ek haar gevind jy is in my visier die kruis op jou T shirt maak dit maklik dit is die kruis van vergewing jy het dit maklik gemaak Liked it? Share it please …

1016) between the covers

1016) between the covers

September 16, 2008

het ek liefde gevind dit was so naby gewees ons wag altyd vir iets om te gebeur selfs in jou donker is dit naby maak oop die swart kruisboek en jy sal lees van die groot liefde waarna almal smag die liefde van Jesus jy sal nooit weer alleen wees nie Liked it? Share it …

1017) oor die rim

1017) oor die rim

September 16, 2008

van die glas vonkelwyn kyk ons na mekaar na veertig jare ons oë traan sag van dankbaarheid oor die rim van die glas vonkelwyn kyk ons na mekaar sal ons na veertig jaar nog blinkoog na mekaar kan kyk? dit het waar geword Liked it? Share it please …

1008) mag

1008) mag

September 15, 2008

mag die sandwind saggies oor jou waai mag die lip ice jou lippe sag hou mag jou oë skrefies trek miskien kom ek op ’n kameel aangery Liked it? Share it please …

1009) ek kan nie

1009) ek kan nie

September 15, 2008

al het ek jou gevra om saam stout te wees al het ons geruk en gejol al het die sweet afgerol kan ek nie jou trouring afhaal nie Liked it? Share it please …

1010) net sewentien gewees

1010) net sewentien gewees

September 15, 2008

myself toe jy gesê het jy het my lief ek was sewentien gewees jou baba is nou sewentien hy soek jou nie omdat hy jou liefhet maar omdat hy jou wil bliksem Liked it? Share it please …

1011) waarom onthou ons

1011) waarom onthou ons

September 15, 2008

van die sag woorde wat ons vir mekaar gesê het van die ure se gekoer-koer toe daar net twee mense op aarde was ons het vergeet van die seer wêreld wat net langs die geluk wêreld is vandag kan ons lag want ons het altyd ons rug op die seer wêreld gedraai Liked it? Share …

1012) daardie nag

1012) daardie nag

September 15, 2008

toe ek jou gebel het het jou sel gesê ek is nie nou beskikbaar bel my more ek het nie geweet langs die selfoon lê ’n opgefrommelde rooi motor nie Liked it? Share it please …

1013) jy het my bekoor

1013) jy het my bekoor

September 15, 2008

met jou ever smiling bakkies jou gladde haar jou gly manier was jy meneer die heer so direk uit emsie se boek ek sê nee toe jou hand gly jy voer my stroop toe word ek soet Liked it? Share it please …

1014) watter masker

1014) watter masker

September 15, 2008

dra ek vandag die lag masker ek klink gelukkig die begeer masker ek gaan koop die haat masker ek gaan hom opfok maak nie saak watter masker jy dra nie jou hart vertel die waarheid Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte