Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
1007) nooit weer

1007) nooit weer

September 13, 2008

die vlamme woes oor die grasdak rooi geel pienk hy kyk na sy verbrande linkerhand beelde flits sy ma se verdwaasde gesig die omie was dronk hy sal nooit weer sy mamma seermaak nie Liked it? Share it please …

1005) ek is leeg

1005) ek is leeg

September 10, 2008

soos ’n emmer omgekeer die inhoud swem op die grond spartel en dood wie sal ek red wie kan ek red die paddatjie wat tevergeefs spartel die baba wat pynlik gebaar word geen induksie this is the real pain, baby she will survive sê die uitgeputte moeder from my breast she will suck wisdom what …

1006) wraak

1006) wraak

September 10, 2008

in die rooi van die sandwind sien ek jou duinaf storm aan die anderkant storm ek duin op bo sal ons ontmoet vir die soveelste keer sy droom van die oomblik hy droom van die oomblik hy sien haar silhoeët die woestynwind huil en gooi tien ton sand die duin is leeg op die hoë …

1004) somer sexy

1004) somer sexy

September 9, 2008

jy is sommer sexy op hierdie somersdag in jou blomme rokkie sê ek vir haar die rooi roos in jou hare lyk pragtig sy pluk dit en gooi my die passie blom gee sy vir my maar sy hou die vergeet-my-nietjies die grenadillas byt sy die sop streep oor my ek is nie ’n muurblom …

1003) ek skilder jou

1003) ek skilder jou

September 8, 2008

jou gesig spierwit jou hare swart jou nek ligbruin jou borste neutbruin jou maag eierdop wit jou vroudeel heldergeel jou bene blou jy hang teen my muur elke dag sien ek jou lag elke dag knipoog jy vir my skeppend is ek ek het jou anders geverf sodat net ek jou kan sien Liked it? …

997) op die top van die berg 1000

997) op die top van die berg 1000

September 7, 2008

’n duisend dig embrios het tot lewe gekom party mooi ander nie so mooi ons kan nie altyd kry wat ons wil hê nie ek kyk op en sien die bergreeks wat tot teen die hemel strek ek vat my pak my jare en kyk op na die sterre niks is onmoontlik met God aan …

998) liefde nuus

998) liefde nuus

September 7, 2008

dit haal gereeld die voorblad van die hartland koerant ek die verslaggewer lees eerste die nuus van die donker liefdesbloed wat elke dag seewaarts vloei maar ek skryf nie daaroor nie want as die mense dit weet sal die blommewinkels toemaak sal die koswinkels toemaak sal die fotograwe nie werk hê nie sal die ringwinkel …

999) jy lyk so sexy

999) jy lyk so sexy

September 7, 2008

met jou tattoo bikini maar jy moet net onthou om ook jou lappie bikini aan te trek Liked it? Share it please …

1000) gee my jou hart

1000) gee my jou hart

September 7, 2008

en ek sal jou wys hoe ek kan troetel hoe ek goed kan wees jou lag kalm my gees jou blinkoog weerkaats sag as ek jou soen proe ek rooiwang perske jy warm my op as jy jou saglyf styf teen my druk met fluisterwoorde vertel ek jou van die jare verby van die mooi …

1001) gaan my nie verby

1001) gaan my nie verby

September 7, 2008

o Heiland gaan my nie verby ’n ou gesang van die wat benoud skree ek het dit ook gesing ek was vals luister God net na die mooi stem mense na die voorbankers na die mooihoed tannies? die witrok koormeisies so het ek gedink maar toe gooi God my in die lewenstroom sonder ’n reddingsgordel …

1002) die duin verskuif

1002) die duin verskuif

September 7, 2008

jy het op duin nege gebly ek is nou by duin nege jy het aanbeweeg my agtergelaat die duine verskuif ek moet aanbeweeg Liked it? Share it please …

984) die don glimlag

984) die don glimlag

September 6, 2008

hy staan in die deur van sy casino en heet die mense welkom die vriedelikheid vanself hy gooi self die glase vol eregaste is hulle bekendes en nuwelinge armes en rykes boozers en losers later staan hy by die een rand rower masjiene en sien haar desperaat die arm pluk haar kind alleen by die …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte