Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
946) net een kan haar kry

946) net een kan haar kry

August 27, 2008

ek moet bly en jy moet gaan sy kan net een minnaar hê ek verstaan hoe jy voel maar as jy haar liefhet sal jy gaan Liked it? Share it please …

947) ons baba is drie weke oud

947) ons baba is drie weke oud

August 27, 2008

liewe vader ons het nie geweet nie, ek sluip rooioog in die huis rond met ’n louwarm bottel in die hand gulsig gryp baba die speen drie minute van stilte daal neer as die bottel leeg is dan is dit ka-ka tyd wakkerskok tyd agt rand huggie in sy moer Liked it? Share it please …

941) plesiertjies

941) plesiertjies

August 26, 2008

maak my lewensboek oop sien jy my sondes my plesiertjies wie ek werklik is die wonde wat bloei ek sien my vrou my kinders wat huil oor my verkeerd en omdat ek nie meer daar is nie in my traliewêreld skyn die son ook nie Liked it? Share it please …

942) die merrie

942) die merrie

August 26, 2008

die jong hings snuif die more bries weereens die reuk van die jong merrie sy runnik trek oor die vlaktes die jong merrie se lende bewe sy begin fantaseer en spuit haar dune parfuum aan sy sien ’n visie van ’n swart hings wat teen die duin afstorm hy kry egter die reuk van joy …

943) nuwe lief

943) nuwe lief

August 26, 2008

jy het nou ’n nuwe lief wat jou die maan gaan wys dit sal nooit weer ons maan wees nie maar ook nie julle sin nie Liked it? Share it please …

944) die dag toe jy jou woorde

944) die dag toe jy jou woorde

August 26, 2008

die dag toe jy vir my gesê het ek het jou lief was die wonderlikste dag in my lewe gewees die honger binne my het voedsel gevind die eensaamheid weg die krag van die eerlike woorde die opregtheid ek het jou lief my meisie my vriendin my kind my vrou my man geen stroop is …

945) as dit nie

945) as dit nie

August 26, 2008

opgeskryf staan in die boek van van die lewe nie beteken ons versugtinge, ons wense niks nie Liked it? Share it please …

940) geniet

940) geniet

August 25, 2008

gulsig slurp ek aan die vreugdes van jou lyf ek smul aan die vrug van jou arbeid my mens my genot mens Liked it? Share it please …

936) oormore se gister

936) oormore se gister

August 21, 2008

is vol hoop want elke nuwe dag word gebore met verwagtinge Liked it? Share it please …

937) as jy my nie liefhet nie

937) as jy my nie liefhet nie

August 21, 2008

moet dan nie by my kom kuier nie as jy nie by my kom kuier nie sal ek nooit weet of jy my liefhet nie Liked it? Share it please …

938) Bring terug my gister

938) Bring terug my gister

August 21, 2008

nie omdat ek verlang nie maar omdat ek wil keer waar ek opgefok het Liked it? Share it please …

939) kaalgestroop staan ons daar

939) kaalgestroop staan ons daar

August 21, 2008

blaar en blom windweg gewaai ons kaal takke hemelwaarts gestrek naak voor God moet ons tog nie nou oordeel nie Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte