Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
934) het dit gebeur?

934) het dit gebeur?

August 20, 2008

ek kan dit nie glo nie ek dink die jool prinses het laasnag by my geslaap ek was seker getrek ek kyk af en sien my toon naels is rooi geverf Liked it? Share it please …

835) olimpiese atleet

835) olimpiese atleet

August 20, 2008

ek is ’n kampioen het jy gesê dit was met die 100m, ek het gewen in die 200m was ek tweede jy is goed het sy gesê in die 300m was ek derde jy moet meer oefen sê sy en draai haar rug op my in die 400 meter was ek vierde toe slaap sy …

933) sy stroop haar

933) sy stroop haar

August 19, 2008

alles het ’n prys sê sy en pronk op die verhoog in kappie borslappie en bloes trui en reënjas was sy geklee kappie verkoop vir 500 borslappie verkoop vir 700 trui vir 800 bloes vir 1000 reënjas 1500 die laaste lappie 10000 het sy geswig wie kan nie verstaan dat sy ryk was voor sy …

931) jy is so warm

931) jy is so warm

August 18, 2008

soos ’n kaggelvuur ek moet aanhou hout insteek Liked it? Share it please …

932) jy was so warm

932) jy was so warm

August 18, 2008

jy het wit gegloei soos brikette tyd het jou verweer tot louwarm jou gloei het verdof ek sien jou nie meer raak nie Liked it? Share it please …

927) skerpioen skerpioen

927) skerpioen skerpioen

August 17, 2008

met jou boogangel wil jy prooi vanaand die draaibol glinster die ys kelkies vanaand die laf-lag en giggel weerklink die yskoud kelkies angel geplant sy ween en ween waarom waarom waarom waarom waarom HERE het U haar nie opgepas nie? Liked it? Share it please …

928) vader tyd

928) vader tyd

August 17, 2008

vat my hand en sê wag nog een minuut voor jy gaan ek het die ongeluk met een minuut gemis dankie hemelse Vader Liked it? Share it please …

929) waar die heuning soet is

929) waar die heuning soet is

August 17, 2008

jy het my gebring na jou wêreld waar die son opkom in die more waar die dag lag waar die rose ruik waar die heuning soet is waar die oog blink waar die skater van die lag nog reis oor die vlaktes waar ja, ja is en reg nog reg is waar die hart nog …

930) beeldskoon

930) beeldskoon

August 17, 2008

my alleen het ek uitgestort met beitel het ek jou marmer gekerf jou lyf blinkgevryf ek sien jou elke dag jy praat nie met my nie Liked it? Share it please …

916) het jy al hierdie hot boek gelees?

916) het jy al hierdie hot boek gelees?

August 16, 2008

daar staan geskrywe jy mag die vrugte eet van die een wat jy liefhet jy mag jou dors les met die wyn van die ewige lewe jy mag vrugbaar wees en vermeerder jy mag jou talente gebruik jy mag ’n moerse groot boot hê jy sal nie meer onrustg wees jou offer sal tien keer …

917) ek is dors

917) ek is dors

August 16, 2008

sê ek vir haar sy glimlag en maak die deur oop sy skink twee glase yskoue water gee een vir my en een vir haar man Liked it? Share it please …

918) masker

918) masker

August 16, 2008

ek het net die dolk sien glim die pyn in my bors vertel ek’s vermoor sal nie weet wie sy het ’n masker opgehad Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte