Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
910) belange

910) belange

August 13, 2008

ek gaan vir my ander belange kry sê sy draai om en klop aan die buurman se deur Liked it? Share it please …

911) double delight

911) double delight

August 13, 2008

van jou af jou parfuum ruik nog steeds jy is my doubledelight eerstelenteroos Liked it? Share it please …

912) my liefdesmelk

912) my liefdesmelk

August 13, 2008

is daar vir jou as jy ween ek borsvoed jou platmaag warm vloei my liefdesmelk jy sal nooit weer by die twaalfkind teef soog nie Liked it? Share it please …

913) in die vroeg more uur..

913) in die vroeg more uur..

August 13, 2008

maak jy my wakker en sê my lief ek het geen beheer dan wel my begeerte op ek gaan nie lê nie ek staan op Liked it? Share it please …

906) matriek jol

906) matriek jol

August 12, 2008

jy het blinkoog saam met breëbors in die slapkar gesit jy het nie geweet jou blinkoog was my vreugde nie ek het rooi oor in my beetle met my date gesit die aansitter gefok die gestoot was die grap gewees vandag het ek jou weer gesien dofoog afgerem die slapkar lank reeds verkoop die bottel …

907) jy speel met my …

907) jy speel met my …

August 12, 2008

jy speel met my hart jy dans nader jy dans verder tot by die meisie tien jaar jonger as ek jy speel met my Liked it? Share it please …

899) die manne het haar ge-laaik

899) die manne het haar ge-laaik

August 11, 2008

sy was seksie die manne het haar gelaaik sy was die duurste hoer volgeboek elke dag jare het sy gewerk sonder gevoel niemand het geweet vir haar dronkgat man het sy vertel sy is die top rep hy het nie eens geweet nie net oral rond gespog met sy nuwe 4×4 Liked it? Share it …

900) jy wat hartseer is

900) jy wat hartseer is

August 11, 2008

dit is ’n ou storietjie wat elke dag afspeel in hierdie wêreld maar elke hartseer is anders sê hulle waarom het ons ge-magneet was dit seks, siel, geld of hormoon gewees? blink kar of rolex kom tot niks was dit wanhoop of mishoop alles kom tot niks ons is niks alles kom tog op die …

901) everybody stares …

901) everybody stares …

August 11, 2008

my splinternuwe bike black reflecting helmet a nobody on a kawa 1000cc but when I burn tyre and spin a doughnut everybody stares I am not a nobody Liked it? Share it please …

902) oopgesluit

902) oopgesluit

August 11, 2008

jy sluip altyd dronk by die huis in jy gee nie om vir my of jou kinders nie, jy vreet die laaste kos op hy kyk op en sê ek het nie gedrink nie ek het die klokkie gelui jy het oopgesluit warm kos voorgesit is daar nou rede om my uit te kak? nee …

903) laatnag

903) laatnag

August 11, 2008

wanneer ek laatnag huistoe ry gaap die aaklige potholes vir my die ou voor my het gerol hy slaap nie vanaand by sy huis nie Liked it? Share it please …

904) ek’s nou eers …

904) ek’s nou eers …

August 11, 2008

’n ou hart kan nie klop nie! aan wie se deur kan ’n ou hart nie klop nie? ’n ou hart ken die wêreld se ritme sy het die deur gou oopgemaak dit was my tweede lewe ek’s nou eers veertig ek klop-klop dubbel Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte