Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
865) regte

865) regte

July 23, 2008

ek ken my regte sê sy ons is nou getroud en kan van jou eis liefde maak elke nag Liked it? Share it please …

860) elke aand

860) elke aand

July 22, 2008

is die maan daar as ek opkyk om my te herinner aan gods liefde en die ewigheid Liked it? Share it please …

861) bruidegom

861) bruidegom

July 22, 2008

jy was my trots jy was my rots maar toe jy speech het jy my beste vriendin jou bruid genoem jou bliksem ek moes geweet het Liked it? Share it please …

862) verjaarsdagmeisie

862) verjaarsdagmeisie

July 22, 2008

ek haat dit om te verjaarjaar ek kry elke jaar dieselfde geskenk my ma het nou op my 21 ste verjaarsdag weer vir my die nuutste barbie *doll* gegee Liked it? Share it please …

859) jou hart was sag

859) jou hart was sag

July 21, 2008

jou gee was alles maar waarom traan jou oog? Liked it? Share it please …

857) al is dit

857) al is dit

July 20, 2008

te laat dit kon nie vroeër gewees het nie Liked it? Share it please …

858) sluit aan

858) sluit aan

July 20, 2008

by die hartseer klub kom soek salf vir ’n gebroke hart maar as die stukkende harte vasgeplak word pas alles nie so lekker nie Liked it? Share it please …

849) moerse braai

849) moerse braai

July 18, 2008

die duiwel gee ’n moerse braai elke Sondag dit is lekkerder om te braai om te drink as om te kerk die dronkmanslied is beter, as styflip gesang die duiwel sit op sy troon en glimlag en drink sy hellfire shooter Liked it? Share it please …

850) jy is

850) jy is

July 18, 2008

vrou jy is honger vir die waarheid as jy maar die waarheid kan herken al is dit 100 jaar Liked it? Share it please …

851) jy vlug

851) jy vlug

July 18, 2008

nou eers besef ek wat jy skryf ek som op wie jy is jy is waarlik vrou Liked it? Share it please …

852) as ek maar

852) as ek maar

July 18, 2008

jou kan omdraai om te sien wat op jou rug geskrywe staan sal ek jou beter kan verstaan .. Liked it? Share it please …

853) die son sug

853) die son sug

July 18, 2008

die son sug en sak weg agter die horison sy oog is rooi van alles wat hy vandag gesien het die wêreld se lyding hy huil nie meer nie sy trane het verdamp aan die ander horison styg die maan Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte