Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
854) jy sal weer lag

854) jy sal weer lag

July 18, 2008

jy is nou weer loodhart jou silwer glimlag jou kloklag jou goudhart sal ek weer sien as die mis voor die son verdwyn Liked it? Share it please …

855) ek is

855) ek is

July 18, 2008

soos die suidoos ek ruk en pluk as jy die deur toemaak weet jy ek het jou ’n guns bewys Liked it? Share it please …

856) dit was die eerste keer

856) dit was die eerste keer

July 18, 2008

dat ek jou stem gehoor het sagvrou met ’n wegpraat seer die jaar voor is wasig soos die grysmis wat rondsluip die sonneblom van jou jeug swaai heen en weer en glimlag in die warm son jou wit tand sal weer glinster jou lag sal weer oor die groen vlaktes weerklink jy sal weer reis …

843) nagskof

843) nagskof

July 16, 2008

jy is ’n dronkgat sê sy wat ons eens gedoen het is verby jy het gesê seks is hoog jou ruklyf op die dansvloer het ontlok maar niemand wou ’n tweedehands huis toe neem nie Liked it? Share it please …

844) crash

844) crash

July 16, 2008

die ruit splinter airbags ontplof kruitreuk wiele skreeu fok ek tol rond en rond crash die stof styg splinters val is dit ek wat hier langs die wrak lê arms en bene gekreukel die laaste ruk ontsnap ’n cadaver langs die pad Liked it? Share it please …

845) nuwe vleisie

845) nuwe vleisie

July 16, 2008

ek is jammer maar die meisie is jonk ’n nuwe vleisie sy vreet my op my jare vreet sy tot niks ek kon nie by hou my nuwe vleisie vreet my op Liked it? Share it please …

846) ons hyg saam

846) ons hyg saam

July 16, 2008

my spoed jou spoed is nie dieselfde nie ons drang en drif het oorheers maar nou moet ons saam beweeg om die lus hok te slaan Liked it? Share it please …

847) ek skinner nie

847) ek skinner nie

July 16, 2008

sê sy vir haar vriendin sy hoor die storie en vertel haar vriendin die sê toe vir haar vriendin ek verklap nie toe kom die storie by haar ek skinner nie vriendin uit sy sê toe haar vriendin het haar defenetief nie vertel nie ’n moerse deurmekaarspul sê ek en drink my bier Liked it? …

848) stopstraat

848) stopstraat

July 16, 2008

ek het by die stopstraat van my lewe gekom as ek hier nie stop nie is ek ’n wrak ek kyk terug, ek is fris en sterk ek het al baie ouens gebliksem agt dubbels maak my lus ek vlug die strate in langbeen lok lus geblus ek sluip na huis die klein vroutjie huil …

835) jou eg vrou

835) jou eg vrou

July 14, 2008

is vir my reg as jy sê jy het my lief dan glo ek jou Liked it? Share it please …

836) my helder kyk

836) my helder kyk

July 14, 2008

as jy in my oog kan kyk sonder dat ek ’n wolkie twyfel sien dan weet ek jy is my lief Liked it? Share it please …

837) stukkies

837) stukkies

July 14, 2008

jy was aan stukkies, ek het jou opgetel stukkies ingepas pynlik het ek jou genees nou is jy my lief jou liefde vertel Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte