Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
838) moenie vry nie

838) moenie vry nie

July 14, 2008

do not sin my children the Lord says but I cannot help you when the dark nights you must bear decend upon you I have freed you ek vat jou ’n nathaar en al na die paradys Liked it? Share it please …

839) die appel smaak

839) die appel smaak

July 14, 2008

die slang was slim gewees hy het ’n hele kas golden delicous appels bestel dit sal genoeg wees om adam te verslaaf hy het nie eens coke nodig sê eva hy is maar net eenvoudig en lus hy sal val vir die appel smaak Liked it? Share it please …

840) die sjeik sê

840) die sjeik sê

July 14, 2008

ek het my seuns gebring na afrika om die lewer van die sterwende wildebees te vreet om man te wees om vrou te vreet Liked it? Share it please …

841) hartsnaar

841) hartsnaar

July 14, 2008

waarom tokkel jy my hartsnaar op die een snaar wat my weerloos laat die een snaar wat ek nie beheer nie die bloedsnaar wat jy hoog my kopsnaar bars jy vat my lewensbloed waarom dryf jy my om saam met jou te dans Liked it? Share it please …

842) kom sonder kommer

842) kom sonder kommer

July 14, 2008

kom sonder kommer het sy gesê min het ek geweet ek moes gekommer het en nie sonder kommer gekom het nie Liked it? Share it please …

827) jou wit lagtand

827) jou wit lagtand

July 12, 2008

glinster in die flou kerslig tande omring deur lag lip ogies glinster en kreukel die jare vertel van wellus en avontuur Liked it? Share it please …

828) die vlieswolkie

828) die vlieswolkie

July 12, 2008

lê laag op die horison en wag vir die son om bed toe te gaan wie weet dalk kan sy die son verlei Liked it? Share it please …

829) omdat die wind my waai

829) omdat die wind my waai

July 12, 2008

is ek nie altyd dieselfde ek is ‘n donker wolk laag in die blou lug as die wind my waai raak ek die donder in en pis op die wat vir my gelag het Liked it? Share it please …

830) omdat die wind my waai

830) omdat die wind my waai

July 12, 2008

is ek nie altyd dieselfde nie ek is ‘n donker wolk laag in die blou lug as die wind my waai raak ek die donder in en stort op die wat vir my gelag het Liked it? Share it please …

831) ‘n mens moet

831) ‘n mens moet

July 12, 2008

jou gees laat seil saam met die wind tot op die top van ‘n berg afspring op ‘n donner wolk saam met die reëndruppels plof in die stof om nat aarde te maak om die lewe saad wakker te maak om te groei tot vag van genade Liked it? Share it please …

832) hoekom sit jy hier by my?

832) hoekom sit jy hier by my?

July 12, 2008

is jy bang ek sal loop? weet jy dan nie dat jy twee keer saam met my om die maan gedraai het nie? ek kan nie meer nie Liked it? Share it please …

833) de la rey

833) de la rey

July 12, 2008

jy was dapper gewees geveg vir reg maar jou geweer se loop was krom die bliksemse kakies het jy misgeskiet hulle het nie minder geword nie, maar het jou verswelg generaal generaal dit was verdwaal gewees Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte