Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
834) wanneer ek

834) wanneer ek

July 12, 2008

swak en stil is het ek jou krag nodig my rots jy swak nie jy klim die berg met vreugde op jou skouer die kruis van die ewigheid Liked it? Share it please …

825) pampoen

825) pampoen

July 10, 2008

jy dink seker ek is ‘n pampoen omdat ek steeds by jou kuier ek wag dat jy my water gee dat jy my blom kan sien Liked it? Share it please …

826) ons smag

826) ons smag

July 10, 2008

ons smag na reën die reën wat liefde laat vrugskiet maar waarom ontkiem my saad nie? Liked it? Share it please …

814) die nuwe dag

814) die nuwe dag

July 9, 2008

begin vandag hoe weet ek dit ek sien die flou oranje op die horison die sterre skuif een-een bed toe en skakel die lig af die belofte van ‘n nuwe dag word waar Gods woord is waar. Liked it? Share it please …

815) het ek dit reg

815) het ek dit reg

July 9, 2008

as jy sê alles vir die liefde maar wat jy wys is lyding waarom bly jy stil? jy is lief vir die bliksem al slaan hy jou Liked it? Share it please …

816) my hart bons

816) my hart bons

July 9, 2008

as ek die lied hoor wat ons altyd in die beetle gespeel het wanneer ons so gevroetel het dat die shocks ge-twiet het Liked it? Share it please …

817) wanneer ons daar kom

817) wanneer ons daar kom

July 9, 2008

sal dit vir ewig wees maar die pad daarheen is vol klip en potholes wees oop oog en kyk uit liefde dat ons nie ons gat af val Liked it? Share it please …

818) telefoon paling

818) telefoon paling

July 9, 2008

so regop soos ‘n telefoon paling jy het die hoogste sport bereik sê sy vrou maar as jy neerstort is jy fokol werd Liked it? Share it please …

819) rolling stone

819) rolling stone

July 9, 2008

ons trek en trek daar is nie eers meubels nie daar is nie eers ‘n bed nie daarom het ons nie kinders nie ons rol voort Liked it? Share it please …

820) meesleur

820) meesleur

July 9, 2008

wat jy doen aan my sleur my mee na die land van stadig musiek sleur my mee in jou stroom van liefdesous Liked it? Share it please …

821) as die skemer my vang

821) as die skemer my vang

July 9, 2008

en jou pa weet daarvan is ek diep in die kak hy vertrou my nie Liked it? Share it please …

822) as die kamerdeur

822) as die kamerdeur

July 9, 2008

agter ons toeslaan dan trek die kinders die toilet sodat hulle die gil en jil nie kan hoor nie dit raak nou al afgesaag Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte