801) ons is ryp 801) ons is ryp July 6, 2008 ons was groen gewees ons was bruin gewees nou is ons purper ryp die kraaloog voëls kwetter vertel mekaar hulle is ryp vlieg en vernietig purper lewens Liked it? Share it please …
802) kom steek my 802) kom steek my July 6, 2008 ek is vrugtevlieg ek zoem in op die boord van rooiwang maagde veertig steek ek wange verbleek kind van die vrugtevlieg groei in my Liked it? Share it please …
803) bloeisel 803) bloeisel July 6, 2008 ’n somer bloeisel was ek, By het my bevrug binne my het gegroei ek het ’n rooiwang vrug geword die fokon vrugtevlieg ontroof my van maagd hoeveel van ons sal oorleef om liefde te beleef? Liked it? Share it please …
804) jy is weg 804) jy is weg July 6, 2008 jou traanoog vertel jy het net kom sê ek het genoeg gehad jy was nie eerlik gewees nie sy draai om die nag sluk haar in Liked it? Share it please …
805) waarom blaf jy vir my vra sy 805) waarom blaf jy vir my vra sy July 6, 2008 ek kan nie help nie sê ek voordat ek jou ontmoet het was ek ’n hond gewees Liked it? Share it please …
806) laat 806) laat July 6, 2008 moeg soek ek huis die flou winterson lê moeg op die horison die son sleep ons bed toe in wie se bed gaan ons slaap het ons ’n keuse in wie se bed wil ons slaap Liked it? Share it please …
807) kloek 807) kloek July 6, 2008 sy pik-pik skrop-skrop en pik in die stof rond tussen die kak pik sy ’n mieliepit raak sy kloek-kloek is ons mense nie ook maar so nie? Liked it? Share it please …
808) ek gaan vreet 808) ek gaan vreet July 6, 2008 maar honger gaan julle wees as julle aanhou om die boere te vermoor Liked it? Share it please …
809) ek skink nog n dop 809) ek skink nog n dop July 6, 2008 die derde glas die label op die bottel is dof ek bril nie dit perk my sig my oog omring wydkyk kan ek nie kom deel my reis sê die dof skrif ek wek jou smaak my ruik vat jou gees jy onthou en gryp ’n maanstraal en reis tot by die maan tot by …
810) te vroeg bloeisel 810) te vroeg bloeisel July 6, 2008 jy is nog te jonk het my ma gesê avontuur die nag het te sterk geroep nou hang ek verlep die ryp het my gekry ek was ’n te vroeg bloeisel Liked it? Share it please …
811) as die son 811) as die son July 6, 2008 as die son weer warm skyn en die oggend se spookasem wegjaag sien ek weer die berge wink ’n nuwe somer vertel die bloeisels die nuwe lewe groei uit my ek is ’n sestig jaar oue amandelboom ek kan nog bloei en vrugte dra Liked it? Share it please …
812) traanoog vertel 812) traanoog vertel July 6, 2008 jou traanoog vertel jy het net kom sê ek het genoeg gehad jy was nie eerlik gewees sy draai om die nag sluk haar in Liked it? Share it please …