Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
736) gister se more. A

736) gister se more. A

June 24, 2008

die helder koplig die splinter glas dit was gister vandag lê ek verband 20 kg ligter ek sal nooit weer skoene kan dra nie dit was gister Liked it? Share it please …

737) fuc..k city

737) fuc..k city

June 24, 2008

ja ons watch almal om te sien wie spyker vir wie want hulle sit so aan en lei ons saam maar nooit sien ons wat gebeur as die slaapkamer deur toeknip nie no f… now we are still on camera Liked it? Share it please …

738) die geboorte nag

738) die geboorte nag

June 24, 2008

die donker nag lê voor sy weet dit is tyd die verkeerde plek die satansmag laat haar nie vrede vind vir haar geboortenag nie Liked it? Share it please …

739) het jy gedink

739) het jy gedink

June 24, 2008

ek sal jou glo my vertel wat ek wil hoor die prentjie inkleur met jou gebruikte potlode dis te vaag ek kan jou nie sien nie Liked it? Share it please …

740) ons moet die lewe leef

740) ons moet die lewe leef

June 24, 2008

die kaarte uitgedeel moet ons bluf of eerlik wees eerlik sneuwel dikwels maar die lewe gaan oor eerlik jy kan jouself nie bluf nie dit weet ons almal want laatnag huil ons almal Liked it? Share it please …

741) sy sing

741) sy sing

June 24, 2008

van liefde wat sy nie verstaan nie hulle gebruik altyd die blonde seksbom image om drange te wek sy sing vals Liked it? Share it please …

742) ek olie jou

742) ek olie jou

June 24, 2008

die prys van olie is al 140 dollar per vat brent light wat de hel gaan ons doen sê die manne as die hustler shop hulle pryse gaan opsit na R1000 vir premium glide Liked it? Share it please …

718) sy lag …

718) sy lag …

June 23, 2008

want dit is die derde keer dat hy haar gevra het die tyd is nog nie ryp nie Liked it? Share it please …

719) soos ’n ryp vrug

719) soos ’n ryp vrug

June 23, 2008

hang sy om gepluk te word Liked it? Share it please …

720) dit was ’n vreeslike aand

720) dit was ’n vreeslike aand

June 23, 2008

toe ek jou gebel het jou vrolike vinkie stem was nie daar the subscriber is not … dit was waar hoe kon ek geweet het dat jy opgefrommel in die wrak gebloei het? Liked it? Share it please …

721) het ons dan vergeet?

721) het ons dan vergeet?

June 23, 2008

van die sag, fluister woorde toe ons net aanmekaar wou vat die gelukwêreld het voorgelê het ons dan vergeet van die seerwêreld wat agter ons is? Liked it? Share it please …

722) wat jy gaan mis

722) wat jy gaan mis

June 23, 2008

my skaterlag my blinkoog my sagvat my lekkerlyf het jy nie meer nie jy het gekies die dofoog langhaar punch drunk fris lyf windgat Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte