Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
723) die dag toe ek ’n olifant

723) die dag toe ek ’n olifant

June 23, 2008

in die oë gekyk het ek het rustig gestap diep ingedagte in digwêreld toe ek opkyk staan hierdie reuse olifant doodstil voor my soos ’n bloekomboom die klein ogies blink onheilspellend hy gaan enige oomblik my omklap met sy reuse slurp en my deurboor met sy ivoor toe hoor ek meteens die eentonige stem van …

724) die aasvoël sug

724) die aasvoël sug

June 23, 2008

en draai sy peri-peri hoender om hy het ’n fout gemaak om by nandos te gaan aas Liked it? Share it please …

717) arend

717) arend

June 21, 2008

sug en kyk op na die broei neste hoog teen die kranse die klein arende se gepiep weergalm teen die kranse toe hy nog ’n jong arend was het sy kinders uit die neste opgekyk na sy troon vandag verveer hy gedurig los vere dwarrel die dieptes in hy is binnekort bles Liked it? Share …

705) hoer orkes

705) hoer orkes

June 20, 2008

jy het gesê ek is die eerste maar ek was gesus deur jou goed spel jy speel al jare in die hoer orkes Liked it? Share it please …

706) die slang wat lag

706) die slang wat lag

June 20, 2008

het my bekoor my betoor sy sluip woorde het my gesus sy glasoog se geblink het my geblind ek het uitgebreek die fetus langs my hart het vrygebreek Liked it? Share it please …

707) piksoentjie

707) piksoentjie

June 20, 2008

die las van die lewe druk swaar vanaand jy kom gee my ’n piksoentjie my las is 1 gram ligter Liked it? Share it please …

708) ons teel woes

708) ons teel woes

June 20, 2008

2000 digters op woes! die kruisbestuiwing teel duisende digkinders wie moet hulle grootmaak willem ! Liked it? Share it please …

709) ek kom terug sê sy

709) ek kom terug sê sy

June 20, 2008

ek maak die deur oop jy staan traanwang voor my jou lang sliert-hare bleekgesig twee verskrik kinders klou aan haar bene vas haar oë smekend sê sy, ek is terug ek sê, dankie my God ek het so lank gewag Liked it? Share it please …

710) jou goud haal ek af

710) jou goud haal ek af

June 20, 2008

jou trouring jou oorbelle jou armbande jy staan naak voor my ek bly gekleed ek kan nie Liked it? Share it please …

711) na al die jare sien ek jou

711) na al die jare sien ek jou

June 20, 2008

hierdie keer is jy in die visier van my wraak die kruis op jou t-shirt maak dit maklik ek trek die sneller Liked it? Share it please …

712) ek het haar hare deurmekaar gekrap

712) ek het haar hare deurmekaar gekrap

June 20, 2008

jy het my hare deurmekaar gekrap toe jou pa by die sitkamer ingekom het het ons verskrik opgespring my lang hare woes ons is vandag 20 jaar getroud en jy wonder nog steeds waarom ek al 20 jaar kaalkop is omdat ek jou so baie liefhet Liked it? Share it please …

713) 2 doppe

713) 2 doppe

June 20, 2008

die blaartjies lyk soos kinder handjies wat in die wind rondswaai die misberge troon hoog bokant die wingerd uit die misvog drup-drup van die blaartjies af die wingerd vinkies drink dop vir dop net 2 doppe hulle is versigtig vir die ou stok se streke ook die jong lote wat in die wind rondswaai die …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte