Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
714) dit was goed gewees

714) dit was goed gewees

June 20, 2008

die tydjie wat ons kon saam doen die tydjie wat ons saam kon sonneblom die son het oral geskyn selfs tot in die donkerste hoekie ons kon mekaar altyd sien die bliksemstraal het geslaan die geel blare verstrooi die bliksemstraal se naam was dave Liked it? Share it please …

716) nie meer elke aand …

716) nie meer elke aand …

June 20, 2008

kom sit jy by my nie nie meer elke aand woes jy my hare nie nie meer elke aand natlek soen jy my nie meer jou naam op marmer geskryf sewe jaar nou nie meer elke aand nie Liked it? Share it please …

715) net soms

715) net soms

June 20, 2008

dink ek aan jou stir jy my binneste want dit is seer elke keer elke keer ril my liggaam ek besef nou soos jy my hoe ek jou begeer het beseer het die dag die dag toe ek gesê het vir altyd toe ek gesê het daar is ’n ander Liked it? Share it please …

703) die tydstelers

703) die tydstelers

June 19, 2008

sluip in ons lewens in skater en dop maar as jy eers warm gevry is steel hulle jou tyd jou geluk suig jou uit dikgevreet zoem hulle dragtig weg jou lewensbloed jou lewenstyd ’n deel lewe gesteel Liked it? Share it please …

704) wat bly oor vir more?

704) wat bly oor vir more?

June 19, 2008

die moredou glinster in die oggendson die son vat die dou sal daar nog dou wees vir more Liked it? Share it please …

702) ek wil in jou bed rol

702) ek wil in jou bed rol

June 17, 2008

my liefling, skreeu ek my hartedief, skreeu sy terwyl sy my duik jou warm lyf wind vind my hitte sê sy, terwyl sy my lyf karnuffel ek trek jou hitte warm lyf nader ek hoor jou lyflied sing kom nader my lief dit is te veel vir mens en dier die eeu oue roep ons …

683) rooi rose vir ’n hartseer meisie

683) rooi rose vir ’n hartseer meisie

June 16, 2008

ek stuur rooi rose vir die mooiste meisie in die dorp dit was nadat ons gestry het ek stuur rooi rose vir die oulikste meisie op die dorp dit was nadat ons opgemaak het ek was toe in standerd 5 vandag nog stuur ek rooi rose Liked it? Share it please …

684) raindrops keep falling

684) raindrops keep falling

June 16, 2008

toe is ek papnat my haarstyl in sy moer die indruk wat ek wou gemaak het ook in sy moer toe ek jou sien sê jy nevermind the rain en haak by my in dit was 30 jaar gelede gewees elke keer as dit reën vat jy my arm die reëndruppels meng met jou trane …

685) wanneer jy lag

685) wanneer jy lag

June 16, 2008

skyn die son in my lewe ek sien weer die blomme die bome alles wat lewe maar as jy huil pak die donker wolke tot jou trane reën en die reënboog my vertel Liked it? Share it please …

686) sonmiddag slapie?

686) sonmiddag slapie?

June 16, 2008

die flou winter sonnetjie is op pad bed toe ’n koue winterbed vir mensekind ek maak die blinders oop en vir nog ’n uur stu ek die koud maar laatnag oorrompel die koue my ek bibber alleen en vou my kussing Liked it? Share it please …

687) na 3 glase wyn

687) na 3 glase wyn

June 16, 2008

then you spoiled everything by saying something stupid dit was nadat jy 3 glase wyn gedrink het ek glo nie meer wat hulle op die wynbottel skryf nie Liked it? Share it please …

688) die swakste golfspeler

688) die swakste golfspeler

June 16, 2008

ek sit hier rustig op die kant van my swembad en kyk na die golfers die een ou praat groot hy maak ’n 180 grade fout die bal hop op die gras en kom lê hier teen my soos ’n hond wat ’n kopvryf verwag hulle kyk toe na my ek vat die bal en …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte