689) lekkergoed soentjies
in die ou tyd het die meisie vir ouens lekkers gegee toegemaak in boodskap papier haar hartsbegeertetjies in drukskrif sonder naam in bruinpapiersak gegooi die ouens het gretig die sak geskud die sweet gesuig en die handskrif hoe kon ons weet die meisie het skaam-skaam briefies geskryf en gehoop die ou herken haar skrif Liked …