Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
671) ek sien die herfs in jou

671) ek sien die herfs in jou

June 14, 2008

jou blare verkleur jou oë word sag jou traan lê vlak jou lip styf gespan om bewe te keer die blare op die pad dwarrel voor jou voet jy loop ’n paadjie oop agter jou dwarrel die blare terug asof jy nooit daar was nie Liked it? Share it please …

672) in die donker van die diep dam

672) in die donker van die diep dam

June 14, 2008

sien ek myself my gesig vertrek toe die muskiet larwe op my voorkop kom sit ek skrik my gat af toe die baber die larwe vreet Liked it? Share it please …

673) vry om te dagdroom

673) vry om te dagdroom

June 14, 2008

in die gedagtewêreld is alleen, vry jou gees klief, vry soos ’n swaeltjie deur die lug klief en sy maag vul swerf ek in die gedagtewêreld om gedigte embrios te vang om my honger te stil vir nou Liked it? Share it please …

674) kyk self

674) kyk self

June 14, 2008

in die winkel staan die mooie pop en uitkyk hoe die mense wandel en koop sy is eensaam en koud dit is winter ek staan nader om beter te kan kyk na haar somersdrag ek verstar toe sy een tree terug gee in die winkelvenster weerkaats ’n ou, ou, ou ek draai om en sien …

675) jou oë smelt saam

675) jou oë smelt saam

June 14, 2008

as ek stip na jou kyk jy kyk na my met een moerse sagoog Liked it? Share it please …

664) kê kê kêk kê

664) kê kê kêk kê

June 13, 2008

tart die rooibeen hennetjie die klein haantjie terwyl sy hom uitasem rondjaag jy het nog nie eens ’n kam nie lag sy dis hoekom jou vere so deurmekaar is haantjie staan uitasem teen die draad hennetjie sê hy een van die dae gaan ek jou wys hoe die geel in die eier gekom het Liked …

665) my flame

665) my flame

June 13, 2008

ek het by my flame gaan kuier dinge raak toe so warm dat die lakens aan die brand slaan Liked it? Share it please …

666) teen die oranje

666) teen die oranje

June 13, 2008

van die vroegmore staan die groot ou bome en bewe hul dennenaalde beweeg effens is dit bewe of die wind se lewe hulle bid VADER laat die byle tog nie vandag kom nie Liked it? Share it please …

667) hou woord

667) hou woord

June 13, 2008

dit is vroegdag die dag het nog nie gebreek nie die son wys flou oranje op die horison ’n belofte van ’n nuwe dag die son is nie ’n mens nie die son hou woord Liked it? Share it please …

662) jy kap en kap my

662) jy kap en kap my

June 12, 2008

aan stukkies waarom kap jy my aan stukkies ek is soos kwik en word weer een ek is geheel Liked it? Share it please …

663) soos ’n komeet

663) soos ’n komeet

June 12, 2008

ek kan nie van baan verander nie ons paaie kruis vir ’n oomblik dit kan ook jare wees maar soos dit moet wees moet ek wegskeur van my reis na die ewigheid Liked it? Share it please …

656) spietkop bliksem

656) spietkop bliksem

June 10, 2008

ek ry rustig 160, die melkwit wolke steek skerp af teen die blou hemel skielik sien ek die ou met die blinkswart helmet wat lyk of hy haaik bliksem dit is ’n spietkop ek stop klip spat donker en dreigend stap hy nader lyk soos ’n bleddie rooimier met die moerse groot sonbril eee are …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte