Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
657) uitlok

657) uitlok

June 10, 2008

jy weet jy is seksie werk hard aan daai lyf jy weet nie hoe ’n man opsom die boek how to be sexy and seductive het jy al 10 keer gelees waarom tart jy my jy weet ek is al 45 jaar gelukkig getroud waarom oefen jy op my? Liked it? Share it please …

658) Bagasie

658) Bagasie

June 10, 2008

soos ’n vuurpyl opstyg die melkweg inskiet die ketting aan my enkel ruk my terug moedeloos kyk ek om my tas vol bagasie ruk my terug ek kan nie lewe nie Liked it? Share it please …

659) ons kan roomys eet

659) ons kan roomys eet

June 10, 2008

rooi koeldrank drink naknieks eet worsrolletjies en pannekoek vreet die nar koggel en lag ons fortuin laat vertel sommer bullshit dans op maat van vrolik musiek arena perde ry sweefstok gryp die leeus vryf want ons kan en mag die lewe geniet Liked it? Share it please …

660) flikkerlig

660) flikkerlig

June 10, 2008

in die flikkerlig van amandelkers sien sy hom die blind date bruingebrand met borshaarmat arms veel gehaar sy kry 2de gedagtes sy tande ’n grynslag in die flikkerlig sy asem jaag windhond en ruik ook so hy skud sy skild af naak sien sy hom sy arsenaal staar haar aan in die flikkerlig sien sy …

661) geld kan alles koop

661) geld kan alles koop

June 10, 2008

ons sien ons hoor net note kraak en nuwe motors brul popcorn en fliek is uit klere nuuter as nuut die glinster van nuwe geld verblind die oog ons maak los die belde geld kan alles koop Liked it? Share it please …

653) eiervrug

653) eiervrug

June 9, 2008

wortels, beet, aartappels appels, lemoene, perskes motors, telefoonpale graf, grap, grof tafel, lamp, radio boot, duikboot, tenker doos, margarine, tuna dit is van die 142 000 woorde wat ek nog nie gebruik het nie dan is daar nog collins, die oxford en die pharos dig embrios vir ’n leeftyd Liked it? Share it please …

654) sy was nie

654) sy was nie

June 9, 2008

is een sekonde wanneer jy in my visier kom gou sal dit wees sy was nie so gelukig gewees nie Liked it? Share it please …

655) rooi oranje geel

655) rooi oranje geel

June 9, 2008

groen indigo violet die kleure van ’n belofte van GOD Liked it? Share it please …

652) vlymskerp

652) vlymskerp

June 8, 2008

hy staan gebukkend oor sy prooi die vlymskerp dolk in sy meshand die smeek hoor hy sien die trane die jarelange wraak sy kind ’n wrak die wraak nie soet hy voel die skop die .38 lood skeur deur sy bors hy hoor die helse gelag Liked it? Share it please …

644) want ons kan

644) want ons kan

June 6, 2008

lekker is lekker hitte is lekker saam is lekker eet is lekker chat is lekker sing is lekker gewild is lekker ek was gewild ek was gebruik dit is nie meer lekker nie Liked it? Share it please …

645) jou sonlag

645) jou sonlag

June 6, 2008

jou bruin gebrand gesig lag wydoop langs die pad ek kyk weg die kar agter my kreukel my bumper die bliksemse groot ou klim uit sy kar hy is op pad na my Liked it? Share it please …

646) lyftaal

646) lyftaal

June 6, 2008

ons praat nie dieselfde taal nie jy sit oorkant my jy lag jou wit tand wys opgewonde dartelend jou laag hals vertoon jou skaterlag versprei aandag trek jou ek kyk jou stip jou eens wegoop knieë kruis jou baas staan agter jou jou lus geblus ek kyk op my rolex die aand is nog jonk …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte