Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
636) die web

636) die web

May 31, 2008

’n duisend op die web is te veel hulle veroorsaak opeenhopings blok die net gridlock ma spinnekop is gatvol sy skop hulle een vir een van die web af hulle lyk soos stralers wat vanaf O T lughawe opstyg elkeen met ’n blinkwit webstraal aan die gatkant Liked it? Share it please …

616) vraatvreet

616) vraatvreet

May 30, 2008

ek is vet en oorgewig laatnag storm ek die silwer yskas en vraatvreet maar die honger hierbinne wil nie stil nie maar nou al 230 kg weet ek die maat wat ek soek weeg net 55 kg die honger sal bly Liked it? Share it please …

617) dan weet jy

617) dan weet jy

May 30, 2008

die helder lig die rukslag die bande skree die flitsende rooi lig ek sit vas in die wrak die stem sê hy sit vas sy oog is al glas sê die stem hy gaan dit nie maak nie ek hoor dit alles my GOD ek is dronk Liked it? Share it please …

618) laasnag se embrios

618) laasnag se embrios

May 30, 2008

skryf ek die koue sluip oor die gras en stop teen die venster die dreigend koue haas my voor die embrios vries moet ek hul lewe gee, my pen gly oor die blad Liked it? Share it please …

619) gevat

619) gevat

May 30, 2008

jy het lekker gesteel jou baas het vermoed maar ek het geweet jy het lekker geëet jy het lekker gedrink jou hart lewer longe en tong is nie meer so gesond jou gewete kla jou aan jy het gevat jy gaan nou betaal Liked it? Share it please …

620) op die ysberg

620) op die ysberg

May 30, 2008

vyf kilometers het ek deur ysberg geworstel ek is op die top van die berg en sien die uitspansel ek kan nie verder die berg het opgehou ek het die kruin bereik kyk na my foto en jy sal besef dat die ewigheid nog voorlê GOD gee nog berge om te klim GOD gee lewe …

621) ek voel gelukkig

621) ek voel gelukkig

May 30, 2008

want die eerste keer toe ek weer in jou rigting kyk glimlag jy vir my maar is dit nie omdat jou boyfriend se pa, ryk Marthinus bankrot gespeel het nie Liked it? Share it please …

622) ek kan nie dink nie

622) ek kan nie dink nie

May 30, 2008

ek is eintlik ’n aap hulle noem my ’n na-aper dit is maklik om dit te doen want die liewe HEER het my nie genoeg verstand gegee nie Liked it? Share it please …

623) pispaal

623) pispaal

May 30, 2008

my hond en ek het gaan stap hy is nog jonk en lig nie been nie maar vanaand teen die pispaal het hy sy been gelig – hy is nou ’n manhond is jy ’n man, ma? Liked it? Share it please …

624) ster

624) ster

May 30, 2008

ek is ’n ster wat wandel my lig is dof ek sirkel en dwaal ek is nie ’n engel ster nie my naam is apollo 3 die donnerse Amerikaners het my tot hier opgeskiet die hemel is nog baie ver van hier Liked it? Share it please …

625) moeg om mens te wees

625) moeg om mens te wees

May 30, 2008

die een drama op die ander; ek verneuk my vrou, haar kop is altyd seer, my baas kak my gedurig uit, my girlfriend soek gedurig geld ek is broke my hont byt my die kinners vloek my my vrou sê hulle het nie meer rispek vir my nie die eiskas is leeg my klipdrift is …

626) die sterre

626) die sterre

May 30, 2008

ek kyk op na die hemelruim miljoene sterre knik vir my asof hulle weet ek gaan ook eendag afkyk ek knik vir een van GOD se kinders Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte