Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
564) aan die rand van die dam

564) aan die rand van die dam

May 3, 2008

sit ek en kyk hoe die lewe verbyspoel ek het nog nie geleer swem nie en kyk na die eende wat rondswem in hulle lewenspoel ek kan nie deel nie Liked it? Share it please …

565) in aller haas

565) in aller haas

May 3, 2008

ek skryf verwoed gedagtes storm tyd word min voor my voete in winterslaap gaan my weerloos laat my weerhou om laatnag my gees uit te stort Liked it? Share it please …

566) rugby op kyalami

566) rugby op kyalami

May 3, 2008

hy kom poepdronk by die huis aan, ek was saam met my pelle by die rugby gewees sê hy die ferrari het om die eerste draai gegly die maserati se ratkas is opgefok jy is dronk sê sy ek glo nie jou kakpraat hoeveel drieë het jy gedruk met my pelle Liked it? Share it …

567) daar onder in die vlei

567) daar onder in die vlei

May 3, 2008

waar die parras hulle minnelied kwaak die wyfies fynpraat terug hop-hop nader hulle die kwakery raak nou irriterend die wyfies draai om en kwaak weg gekrenk stap die paddamanne terug Liked it? Share it please …

568) in haar kampie

568) in haar kampie

May 3, 2008

sy is moedeloos sy het alles in kampies geplaas woede, pyn, lyding mislukking, mishandeling HERE kan ek tog eendag in u kamp van genade wei Liked it? Share it please …

569) hart geskeur

569) hart geskeur

May 3, 2008

sy sit in my spreekkamer verbleikte crimplene rokkie al jare gediens swart sliet lang hare tot op die skouers dis haar beurt meneer hy bliksem my ek moet met sy pelle vry ek moet dans op die klippies orkes my menswees neem die oorhand ek roep die messe hy slaan nie meer my GOD ek …

570) ek kan nie help nie

570) ek kan nie help nie

May 3, 2008

maar my gedagtes vlieg terug na daardie somersoggend toe sy vir my gesê het jy is great ek het my muscles geflex maar toe sê sy muscles but no brain drains my lust Liked it? Share it please …

571) langs haar

571) langs haar

May 3, 2008

hulle sê in die kroeg sy is los, maar weet nie sy bly al 24 jaar langs my nie elke oggend ry ek met my driewiel voor haar huis verby alice waai vir my ek spin my driewiel Liked it? Share it please …

572) rock around the clock

572) rock around the clock

May 3, 2008

anti-ageing 24 uur per dag daarmee beveg jy die ouderdom maar dit bekruip jou soos die luiperd die bok sy gaan jou kry een of ander tyd al doen jy wat maar jy het platinum anti-ageing die droom room geloof is al wat tel Liked it? Share it please …

573) sy kyk vir my

573) sy kyk vir my

May 3, 2008

die glimlag op haar gesig ’n geheim verberg, sy weet ek sal swig want so skoon gesig kan jy net kry van ROC we keep our promises sê hulle maar veertig jaar later besef ek hulle het gelieg (trigger psycologies april 08) Liked it? Share it please …

574) ek sal enige iets doen

574) ek sal enige iets doen

May 3, 2008

sê sy terwyl sy na my toyota versa toe stap die skuimbolle spat haar bikini lyf draai en swaai sy was my toyota versa soos in die advertensie (trigger psycologies april 08) Liked it? Share it please …

575) ek sal enige iets doen

575) ek sal enige iets doen

May 3, 2008

sê sy terwyl sy na my nuwe toyota verso toe stap die skuimbolle spat haar bikini lyf draai en swaai sy was my corolla verso ek wag vir die volgende exciting model (getrigger deur die verso advertensie model) Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte