Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
554) sonskyn lag

554) sonskyn lag

May 1, 2008

ek hoor jou sonskyn lag toe jy aangehuppel kom oor die pasgesnyde lusernland vandag as ek lusern ruik dink ek aan daardie dag toe jy verby my gehardloop het Liked it? Share it please …

555) verkrag

555) verkrag

May 1, 2008

ons mars trots die vlag hoog diep spore trap ons in die wit sand van ons vaderland ons is die trots jare later keer ons terug ’n handjie vol ons trots vertrap deur die kettings van die ystermonsters ons vlag verskeur ons huise gestroop ons vroue en dogters verkrag by die huise wag ’n kind …

556) om te droom

556) om te droom

May 1, 2008

as ek eendag te oud is om te droom dan stap ek uit droomwêreld die werklikheid in wragtag op 130 wat ’n rekord ! Liked it? Share it please …

557) mooi om na te kyk

557) mooi om na te kyk

May 1, 2008

ek staan voor die venster van die blinkgoed winkel dit wat blink kan ek nie koop nie in die nag as ek opkyk sien ek die miljoene blink al wat ek weet ek gaan eendag tussen die blink speel Liked it? Share it please …

558) te laat sê sy

558) te laat sê sy

May 1, 2008

toe ek met die dertig rooi rose opdaag 10 jaar gelede kon ek nog vergewe maar die jare tussen nou en toe was hel jy het in jou drank waan geleef en verwoes kyk na jou kinders jou dogter op 16 al ’n ma jou seun op 20 leef in ’n dwelm walm pluk die …

542) duiwels vrou

542) duiwels vrou

April 29, 2008

jy lok my, my vrou sit by die huis met my drie kinders maar jy lok my, my huis ver vervaag jou slanke lyf lok my jou skuil oog magneet my net voor dit gebeur skreeu my kind ek skrik wakker verward vlug ek my kind my gesin is kosbaar vir my die duiwel vries …

543) jy drink alweer

543) jy drink alweer

April 29, 2008

sê sy ek sien die oog wat my aanstaar maar as die klipdrif my hart omvou is daar niks warmer nie ek weet al lankal dat een bottel nie genoeg is nie ek dors na meer ek weet nie meer van die wêreld om my nie hoe my vrou winkel toe stap nie bietjie op …

544) sy sê

544) sy sê

April 29, 2008

dit was great om saam met jou op die woordruimte te gly op mars het ons warm gedig op venus die vrou geskryf op jupitor al wat weermoedig is uitgestort op saturnus het ons 100 bruilofte bygewoon die glans van al die ringe het ons verblind op pad terug het ons woes gedig 60 000 …

545) as ek hartseer is

545) as ek hartseer is

April 29, 2008

is jy my vriendin as ek leeg is vul jy my my vriendin jou omgee is my hartklop my koplig jy is dierbaar my vriendin Liked it? Share it please …

546) die tromme

546) die tromme

April 29, 2008

roep my terug na die liefde van my jeug ek het gesê te vroeg Mary trou met my die veraf tromme trommel ons liefde die verte in dit was nie ’n fout gewees nie sy het het my getrou 35 jare trommel ons al  Liked it? Share it please …

547) hart van herfs

547) hart van herfs

April 29, 2008

dae van geluk knak waai weg die vergetelheid in die herfsblare sterf die boodskappe daarop geskryf verweer verkleur droog gekraak onleesbaar ongelees soos baie sy sit aan die rand van die dam en skeur die somer se briefies aan stukke bruin rooi en groen stukkies bladsy meng en styg op saam met die stofwind sy …

538) godson

538) godson

April 28, 2008

godson skyn oor die aarde voed die plante en diere maar jy mens kruip weg onder beton en plaat kruip in die skemer weg amper wit van nagdonker godson roep ek sal julle nie verteer nie Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte