Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
528) ek mis jou nagte

528) ek mis jou nagte

April 20, 2008

wanneer jy weg is jou hitte asem nie oor my wang jou langbeen nie teen myne my soekende hande leeg Liked it? Share it please …

529) jou vuur is geblus

529) jou vuur is geblus

April 20, 2008

jy is nie meer daar nie, die plek langs my sal leeg bly, die leë plek in my hart sal leeg bly, die vurige nagte vir altyd verby jou vuur geblus Liked it? Share it please …

530) ek wil op jou eiland wees

530) ek wil op jou eiland wees

April 20, 2008

waar die wind saggies oor ons dwarrel, die sandkorrels teen ons nat branderbene vaswaai, waar ons skrefiesoog die son op die sand nag sê, jou vat vertel my die nag het begin Liked it? Share it please …

516) wat van gister

516) wat van gister

April 18, 2008

ek het vergeet wat ek gister gedoen het ‘n geboë vrou agtergelaat vier honger kinders wat verskrik agter haar rok uitloer wanneer hulle my sien met die smart bottel in my hand ek het vergeet! Liked it? Share it please …

517) jy kyk my uit

517) jy kyk my uit

April 18, 2008

jou blou glinsteroog sien ek gou raak jy kyk skiellik op na die stapel klere afgemerk 50% maar ek sien jou as ‘n volprys meisie maar by die till kry ek afslag Liked it? Share it please …

518) liefling

518) liefling

April 18, 2008

ek is op soek na jou waar sal ek jou kry in edgars se parfuum shop of in woolies onderklere afdeling of in sweets of heaven of in die ekstra large onderbroek rak Liked it? Share it please …

519) was ek maar

519) was ek maar

April 18, 2008

‘n swaeltjie of ‘n slak … ‘n swaeltjie klief deur die lug ongebonde ‘n slak kruie rond begrens tot die blaar ek donner rond want die geleenthede lê rond was ek maar ‘n hond. Liked it? Share it please …

520) mamma hy is mal oor my

520) mamma hy is mal oor my

April 18, 2008

hy kuier elke aand, ek dink ek is verlief hy vertel my ek is seksie ek is mooi ek is die girl vir hom mamma nou eers sien ek sy vuil jeans sy stink skoene sy lang hare mamma ek is nie meer mal oor hom nie Liked it? Share it please …

521) jy is ‘n toe boek

521) jy is ‘n toe boek

April 18, 2008

jy was bruin, effens verweer jou blaaie omgekrul maar ek het jou oopgemaak die woorde in jou hart geskryf het ek gelees jy het oop voor my gelê slagoffer van my honger gees ek het jou ingedrink kennis ingeneem lang tyd is verby jou kennis is myne Liked it? Share it please …

522) goeie dae

522) goeie dae

April 18, 2008

vertel ons van die goeie dae toe mense nog verlief geraak het die vuur wat vurig gebrand het kan nie skroei nie die sweep wat klap kan nie seer nie Liked it? Share it please …

523) blou gat jean lok …

523) blou gat jean lok …

April 18, 2008

my babe as jy so wegstap en jy swaai daai seksie gat van jou knop ek Liked it? Share it please …

524) hy is vurig

524) hy is vurig

April 18, 2008

my vuur verteer jou neem jou in die kern van my vuur ons witwarm liefde straal ywerig onvermoeid met lewenskrag en vitaliteit Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte