Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
479) daar is geen roem

479) daar is geen roem

April 6, 2008

om ’n minnaar te wees soet woorde ’n honger siel donker nag daar is geen roem Liked it? Share it please …

480) ek skiet mis

480) ek skiet mis

April 6, 2008

die bokkies van vandag half-kaal geklee lok die jagters jonk en oud met my boesmanboog skiet ek mis die kruisboog van die jonges mis nie die veld verlate die laaste kieries klik-klik weg Liked it? Share it please …

481) raaksien

481) raaksien

April 6, 2008

dis my oog wat jou raaksien my brein som op instink reageer ek stel my visier bokkie staan stil Liked it? Share it please …

482) hulle kom aangestap

482) hulle kom aangestap

April 6, 2008

hulle kieries tik-tik op die pad hulle huise oud en verweer liggame oud en afgeleef hulle is op pad na die berg waar die kruis is hulle kieries tik-tik op die pad na die ewigheid Liked it? Share it please …

483) hiernamaals

483) hiernamaals

April 6, 2008

hoe smag ons nie na die hiernamaals daar is geen rekenings om te betaal geen huis rusie elke aand geen kak baas by die werk geen tiener kak geen moanvrou daar nie maar ek gaan my bottel klippies mis vrydagaand as ek dronk vry ek is jammer dat sy huil dit was lekker gewees fok …

484) die draak glimlag

484) die draak glimlag

April 6, 2008

toe die twee styfgeklede 16 jarige meisies sy klub instap kyk hulle verward in die skemer rond, hulle word gou gesien die oranje kelkies maak hul giggel lag maar vanaand kleintjies sê die draak, moreoggend sal julle sekerlik ween Liked it? Share it please …

485) is ek oud

485) is ek oud

April 6, 2008

hoe oud is ek? ek kan nie tel nie en niemand vertel ek weet nie want ek raak steeds verlief in stannerd ag op 19 het ek eers gesoen sy het geweet hoe en my ore nat gesoen hoe oud is ek nou? wragtag ek weet nie my ore is so pas natgesoen! Liked it? …

467) af slag

467) af slag

April 5, 2008

40% af staan daar geskryf die mense drom ek stap in vandag spaar ek geld ek benodig ’n kortbroek, ’n t-hemp ’n onderbroek ek koop 6 kortbroeke ek koop 12 t-shirts ek koop 15 onderbroeke ek het baie gespaar vandag Liked it? Share it please …

468) juweliers winkel

468) juweliers winkel

April 5, 2008

van hier af sien ek die jong paartjie nog te jonk, hulle loop ’n zig zag window shopping paadjie hy wil steers toe zig, sy zag hom tot voor die groot venster met die baie blink daaragter sy koer en streel en zag hom tot binne die opgesmukte styflip beringde dame vra hoeveel wil u …

469) belle allure

469) belle allure

April 5, 2008

sy staan koud alleen eenkant mens, my hart sag vir haar sy is siels alleen ek maak my tas oop haar hare donkerswart styl ek ’n purper bloes romp tot onder die knie ’n lang donker jas met dubbelknoop trek ek aan donker hotter skoen voltooi die prent sy bewe nie meer ek sê vir …

470) sy staan naak

470) sy staan naak

April 5, 2008

ek klee haar stuk vir stuk ek blowdraai haar hare ’n wangkrul styl lyk wow! ’n swart aandrok met blinkertjies effe lae hals (seksie!) ’n string donkerblou pêrels asook oorbelle ’n ligte mangogeur lipstiffie swart puntige skoene ’n twee karaat ring aan die regter middel vinger WOW the girl of my dreams! ek staan terug …

471) die ou hart

471) die ou hart

April 5, 2008

die ou hart pomp nie meer so vurig nie, stoot nie die bloed bruisend deur die are wat eens bultend soos wingerdlote gekronkel het nie die ou hart vloei soos die bergstroom kalm en rustig na die laaste waterval Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte