473) I wanna be a rockstar
I wanna bend backwards I wanna grind my pelvis ek wil my kitaar straf my staal naels sny die snare totdat hulle huil my sweet meng met die trane ’n duiwelskelkie met druppels bloed ek breek ’n snaar die duiwel kom en suip die mengeldrankie Liked it? Share it please …
466) drome word bewaarheid
haar warm asem vloei oor my wang haar hartklop vat my na saligland sy draai om en fluister haar drome ek word dagbreek wakker en sien jou vryf die slaapsand uit jou oë jou gees leeg jy glimlag vir my ’n traan van blydskap rol jou wang af my GOD is dit werklik? Liked it? …
464) wil julle lees van seks; hot en kinky?
almal wil lees van die liefde, liefde verlore kinky seks warm lywe hyg asems en alles wat roering in jou bring maar oor die lewe godsdiens die vergewing staan almal flou en lou wat wil julle hê? ek skryf my gat af meer as 450 om julle te vertel van al hierdie dinge ek hoop …
465) ek gaan na die plek
waar die son die maan en die sterre onder een dak is sit ek met ’n skoon A4 ’n duisend bottels ink voor my die nag parfuum nog sterk in my neus sterk in my gees ek sien haar soos in die vorige nag desire parfuum het my geflous pers gif inkbottel staan leeg voor …
461) sy was so warm gewees
sê hy vir homself swirl sy klippies en kyk na die bruin bottel met die horlosie daarop dit staan op 12 uur hy dink aan die aand toe die baas se vrou hom getjaaf het sy was vuurwarm van al die sjerries hy was te dronk en het kak drooggemaak hy kyk op die klipdrif …
462) as jy weer kak droogmaak vanaand
jy drink nie nog ’n dop nie sê sy tandeknersend aan hom en gluur hom aan hy krimp ineen soos ’n hond wat ’n skop verwag onthou jy die aand toe jy die baas se vrou probeer tjaaf het? jy is nog steeds ’n klerk as jy weer kak maak vanaand is jy more die …
449) tyd staan nie stil nie
ons was 4 toe begin ons mekaar laaik, ons was 12 toe begin ons mekaar druk, ons was 15 toe squeeze ons die nood, op 18 moes ons keer want hormoon was amper in beheer, op 21 was ons bedmaats op 25 wat bly oor? ons het alles gehad toe hoor ons die klokke lui …
450) ek kan nog date
wragtag, sê ek vir myself hulle sê as jy oud is jy nog nie koud is, toe date ek hierdie veel jonger as ek meisie dit was vinnig gereël, sy is skerp ek is skerp so recognize ons mekaar toe baie gou sommer na werk sommer by Ceasars of was dit Teasers ek het vergeet …