335) laaste blik
net die bries en ek deel hierdie oomblik, aanskou die sterwende dag die moë son gaan lê op die horison, die dofrooi strale sonder krag, die krag witlig uitgebrand opgebruik ’n duisend jaar, een dag die lewe tap jou vuur die laaste straal verdrink ek draai om vat my krukke en sukkel-sukkel weg, ek kyk …