Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
312) Donker liefde

312) Donker liefde

January 7, 2008

in die donker van die nag lê ek snoesig in jou arms, jou warm asem blaas oor my kaal skouer, die swart nag ek is nie bang nie maar die nag is kort die helder son ontbloot, die bang in my is hier ek sien die twyfel die onsekerheid die koue oë wat soms warm …

305) In memorium

305) In memorium

January 6, 2008

Dit is sy verjaarsdag vandag net hy onthou dit. Soos altyd sit hy vroegoggend in die welkome son en lees die koerant, hy lees altyd eerste in memorium om te sien wie van sy ou vriende is dood. Die eerste een sê Allan Edwards, geliefde pa en oupa, hy kyk na die datum van die …

306) Op die slagveld

306) Op die slagveld

January 6, 2008

op die slagveld van die liefde is ons weerloos, die hormoon parfuum kan ons nie weerstaan nie daar is geen waarborg in hormoonland nie Liked it? Share it please …

307) Have I told you

307) Have I told you

January 6, 2008

"have I told you lately that i love you," Rod Stewart sing sy hart uit, oor nuwe liefdes warm liefdes lou liefdes vergete liefdes. Ja, die voortplantings drang dryf ons voort en tot die dag van ons dood plant ons tamaties. Liked it? Share it please …

308) Land van blink

308) Land van blink

January 6, 2008

Jou kaalgevrete been lê dof verweer in die land van blink. My GOD, ek het alles gegee my bloed, my been, vir angola. Die blink het ek nie gekry nie. Sukkel-sukkel soek ek voort. Liked it? Share it please …

309) Lip-lek lekker

309) Lip-lek lekker

January 6, 2008

Sy kom aangestap, haar oë helder soos die water van die bergfontein, die lied wat sy sing weergalm deur die klowe en oor die berge. Sy sien die geel, dankbaar gesigte en gooi koel lip-lekker fontein water oor die sonneblomme met die ronde lag monde. [slegs vir onder 8] Liked it? Share it please …

310) Gods liefde

310) Gods liefde

January 6, 2008

Caeser sit op sy troon, die son weerkaats op sy een meter swaard. Toe hy jonk was het sy swaard koppe afgekap, lewens gevat … Hy is moeg en kom om die dag te geniet, hy kyk af in die arena, vyftig Christene in die arena, leeukos vir vandag hulle wou mos hardegat wees. Die …

311) Die alleen mens

311) Die alleen mens

January 6, 2008

Die alleen mens gebruik nie ’n padkaart nie, maar vat die afdraaipad die ontdekkingspad. Wie weet wat dit inhou? Soos elke pad wat ons vat is daar ’n varrasing wat wag … Sy was alleen op die strand met haar telg. Die alleen mens sien en gaan. Alleen is nie meer. Moeder natuur glimlag – …

302) Kieskeurig

302) Kieskeurig

December 31, 2007

ons almal het ons waardes maar die tyd loop, ons sal nie afskaal nie vandag leef die mens langer so tot by die honderd al, ons moet versigtig wees tyd is aan ons kant biologies beperk as jy ’n voortplanter is ’n mens gaan ook nie blind in ’n ding in nie, daar is meer …

303) Tweedehandse liefde

303) Tweedehandse liefde

December 31, 2007

deesdae hersirkuleer ons amper alles, dit wat eenkant gegooi is is nou weer iets werd, by die skeihof val hulle eenkant uit … is nou tweedehands party huil snot en trane ander is op krukke gebreek lewenslank ander huppel uit en val in die arms van hulle skelmpies die skelms gaan nou oes ander kom …

304) 2007 sien sy gat

304) 2007 sien sy gat

December 31, 2007

vanaand is oujaarsaand; vanmiddag al was daar toue by die drankwinkels, die ou met die rooi gesig koop twee klippies en coke en stap met volstruis tree na sy bakkie, ’n man in nood, twee jong latte vertrek met ’n kruiwa bier genoeg vir twee grasperke, die statige dame koop jc le roux hulle sê …

293) Lotto RSA

293) Lotto RSA

December 30, 2007

haar doodoog kyk pas by haar plastiek gesig popagtig beweeg haar lippe geluk aan almal die tv flikker die marionet meesters begin koorsagtig te beweeg die eerste bal val soos ’n goue gans eier vyf keer die sesde een was nie die goue eier vir ses miljoen nie net een het dit gekry volgende week …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte