Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
294) Oujaars aand

294) Oujaars aand

December 30, 2007

vrolik sing ons en dans op maat van ou musiek jive en jol die nuutste vat oor rugbreek moves die vuurspoeg tots maak wild ons het gekom elkeen met ’n masker op veilig voel ons ons kan wandel ons kan handel niemand sal weet die pienk masker sagvat my werk my op die slapjol lyf …

295) Verraai

295) Verraai

December 30, 2007

net ’n vinger het hul gekry die res was weg die klein outjie staan eenkant verskrik en suig aan die stompie waar sy pinkie eers was volgende keer weet hy, hy gaan nie weer so gelukkig wees nie Liked it? Share it please …

296) Bestaan nie

296) Bestaan nie

December 30, 2007

in die werklike wêreld soos ook in drome is dinge nie wat dit werklik beteken: skilpadvere Liked it? Share it please …

297) Slangman

297) Slangman

December 30, 2007

hy speel die lang fluit die slang ontkronkel en stamp die deksel af fluitspeler skrik vir die kwaai koud oog slang koud oog wieg heen en weer hy hou van disco dans Liked it? Share it please …

298) Vaal voël

298) Vaal voël

December 30, 2007

ek kan hom aantrek dink pieter rooi kuif swart nek rooi vlerk wit stert ’n halfmaan gee ’n glimlag ’n vriendelike houtkapper net jammer hy werk in die bos en kap al die mooi bome af Liked it? Share it please …

299) Inkleurboek

299) Inkleurboek

December 30, 2007

ywerig kleur ons in die wêreld van ons verby die lyn ons herontwerp die perd ’n kronkelvry slang ’n aap met twee sterte ons vetkryt gly waar dit wil ons teken ons wêreld kleur dit in dit is lekker om drie te wees Liked it? Share it please …

300) Traanoog

300) Traanoog

December 30, 2007

die traanoog nar sit op die boomstomp sy kitaar huil van liefdes verloor sy punt klokhoed swaai heen en weer die klokkie klok vrolik maar die nargesig is star almal lag hy was doodernstig sy het net gelag lagland het ook ’n gatkant Liked it? Share it please …

301) Give me back my love

301) Give me back my love

December 30, 2007

dit is seker die woorde wat die meeste gespreek word na ’n mislukte romanse prediker 19 gee die noot aan, dit is wonderlik die lied van die liefde is so soet maar as dit bitter word vlug die minnaar dan maak ons die swart kruisboek toe en lees nooit weer oor die liefde nie. Liked …

289) Tyd is tydloos

289) Tyd is tydloos

December 29, 2007

jy praat diep met dig ’n stukkie so klein net ’n skerp oog sien jy bou ’n tuig deel vir deel wat vlieg sonder krag jy kuier by die sterre vir ’n eeu tyd is tydloos vir jou Liked it? Share it please …

290) Wanneer ek aan jou dink

290) Wanneer ek aan jou dink

December 29, 2007

ek sien in my geestesoog hoe jy aangehardloop kom deur die lang groen grasse jy het kosmos vir my gepluk kos mos niks sê ons altyd maar verlep ook gou maar die pienk en wit vertel dit is spesiaal vir jou gepluk more verlep als in die fel hitte van die genadelose son … jy …

291) Vryerig

291) Vryerig

December 29, 2007

vanaand was die tweede aand hy het weer gekom die lente so pas begin het gedink dis die vuur in hom die eerste keer het hy my skoen bewonder uitgetrek my naels geknip rooi geverf en al vanaand het hy my naels gerooi my voet my enkel het hy massage so veelsydig het ek gedink …

292) Naelstring

292) Naelstring

December 29, 2007

die vrolik wees van oukersaand is verby die klappers het geklap sjampanje het gevloei kersdag het aangebreek die groot vreet vergete is die betekenis die herdenking? ons ploeter voort tot oujaarsaand om twaalf uur knip ons die oujaar se naelstring die ou jaar se vreugdes en smart word agtergelaat die nuwe jaar gaan net 365 …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2026 Berg Gedigte