1000) gee my jou hart
en ek sal jou wys
hoe ek kan troetel
hoe ek goed kan wees
jou lag kalm my gees
jou blinkoog
weerkaats sag
as ek jou soen
proe ek
rooiwang perske
jy warm my op
as jy jou saglyf
styf teen my druk
met fluisterwoorde
vertel ek jou
van die jare verby
van die mooi in die lente
jy bloos soos
die lekkerruik rose
in my tuin
jou oë word sag
as ek jou vertel
van die baie mores
wat vir ons wag
Leave a Reply
Be the First to Comment!