1004) somer sexy
jy is sommer sexy
op hierdie somersdag
in jou blomme rokkie
sê ek vir haar
die rooi roos
in jou hare
lyk pragtig
sy pluk dit
en gooi my
die passie blom
gee sy vir my
maar sy hou die
vergeet-my-nietjies
die grenadillas byt sy
die sop streep oor my
ek is nie ’n muurblom
sê sy
en huppel weg
spring-spring
tol sy weg
verloor haar klere
sy voel-voel
om nog ’n blom
vir my te gee
ek spring om te keer
sy het nog net
drie vyeblare oor
sy vasvat die boonste
twee vyeblare en sê
maak klaar
wat jy begin het
wat ’n heerlike lente
Leave a Reply
Be the First to Comment!