1006) wraak

1006) wraak

in die rooi
van die sandwind
sien ek jou
duinaf storm

aan die anderkant
storm ek duin op

bo sal ons ontmoet
vir die soveelste keer

sy droom van die oomblik
hy droom van die oomblik

hy sien haar silhoeët

die woestynwind huil
en gooi tien ton sand

die duin is leeg

op die hoë duin
staan die sjeik
en lag

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz