hier tussen die duine
met kartelings
van ’n honderd borste
vind ek die stilte
die koue jag
op die woestynvloer
om jou laaste bietjie
hitte te steel
geruisloos begin
die korrels rol
oor die kurwes heen
more oggend
lê die woestyn koud
oor nog ’n karteling
Leave a Reply
Be the First to Comment!