1018) sand meisie
van die klam sand
het ek haar gevorm
met die troffel
van my siel
ek kan haar
laat lag
ek kan haar
laat huil
‘n sexy lyf
kan ek bou
maar sy het
droog geword
die sand het geloop
haar lag het
korrel vir korrel
verdwyn
haar sexy lyf
‘n hoop sand
vormloos
my lus verdwyn
ek wag vir die
volgende golf
en bou weer
aan my droom
Leave a Reply
Be the First to Comment!