1022) liefde is nie net
hormoon gemeng
met vriendskap
dit is dieper
twee swerf siele
wat op dieselfde stasie
op die trein
van die lewe klim
daar is baie ander
wat ook
die rit onderneem
as jy rondkyk
sien jy
die dof oë
die moeg lywe
die sweetreuk hang
die skouers hang
maak nie saak
by watter stasie
hulle afklim nie
hulle het
al klaar
half verloor
Leave a Reply
Be the First to Comment!