1025) die dames stal uit
dis heerlike lente
die winter is verby
weer nodig die velde
vir jou en vir my
’n liedjie
uit vergange se dae
vertel van ’n heerlike tyd
wat voorlê
die koue winter is verby
my batterye is gelaai
hierdie lente gaan ek
n deurbraak maak
ek het goed ge oefen
die dames pronk in n ry
om ons manne uit te kyk
wie gaan hierdie somer
die uitblinker wees
ek weet ek gaan
n rekord slaan
iets doen
wat almal sal verras
die dag na die
eerste lente reëns
het ons begin
baksteen vir baksteen
word gebou
ek was n bietjie later
as die ander manne klaar
die dames het skaam skaam
nader gestaan
gegiggel en gekwetter
en was huiwerig
n rooivinkman
wat n dubbelverdieping
nes bou
wil sekerlik
n groot gesin hê
Leave a Reply
Be the First to Comment!